Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Airbnb wil Afrika pak

Airbnb verwag om sy vinnige groei in Afrika voort te sit en sy getal kliënte vanjaar tot 1,5 miljoen te verdubbel, sê sy uitvoerende hoof, Brian Chesky.

Die aantal mense wat dié aanlyn verhuringsdiens gebruik, het in 2016 met 143% teenoor die vorige jaar toegeneem tot sowat 765 000 gaste, aldus Nicola D’Elia, die maatskappy se hoof in Afrika en die Midde-Ooste.

Sy is vol vertroue dat hulle dié groeiteiken sal haal.

En Chesky reken “dit is letterlik net die begin”.

Airbnb se penetrasie in Afrika laat nog veel te wense oor.

Chesky sê sy maatskappy het 77 000 deelnemende huishoudings oor Afrika heen – uit sy 3 miljoen wêreldwyd – maar dat dit maklik “honderdduisende” kan wees op ’n vasteland wat die tuiste van meer as ’n miljard mense is.

Die 77 000 deelnemers verteenwoordig ’n toename van 95% teenoor 2015.

Suid-Afrika, wat Airbnb vroeg aangegryp het, is die voorste land in Afrika in terme van deelnemers en besoekers, wat hoofsaaklik uit die VSA, Duitsland, Brittanje en Nederland afkomstig is.

Die vyf top-Airbnb-stede in Afrika is Kaapstad, Marrakesj, Johannesburg, Nairobi en Casablanca, maar die konsep is wydverspreid, van die St. Helena-eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan tot Freetown in Sierra Leone, en selfs ’n oppervlakkige teenwoordigheid in Somalië.

Chesky, wat Afrika beskryf as “ ’n ongelooflik opwindende ontluikende mark vir reis”, het met Reuters in Langa, Kaapstad, gepraat op die gradeplegtigheid van Airbnb se opleidingsprogram.

Meer oor:  Airbnb  |  Kaapstad  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.