Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Antieke vaas kan miljoene dollar haal

’n Skaars antieke Yamanaka-vaas wat vir byna ’n eeu lank weggesteek was in ’n private Japannese versameling gaan die hoogtepunt wees op Sotheby’s se komende herfsveiling in Hongkong.

Die skaars Yamanaka-vaas, een van die mees komplekse porseleinvase wat deur keiser Qianlong laat maak is, word in Oktober deur Sotheby’s in Hongkong opgeveil. Onder is die porseleinmeesterstuk van naderby. Foto: Sotheby’s

Die Chinese porselein-meesterstuk is met vier pare visse onder Rococo- geïnspireerde motiewe beskilder. Dit word bestempel as een van die mees komplekse porseleinvase wat ooit deur keiser
Qianlong (1736–1795) laat maak is. Dit is in 1905 in New York uitgestal en in 1924 deur die Japannese versamelaar gekoop.

Sotheby’s verwag dat dit vir tot $9 miljoen kan verkoop.

Nicholas Chow, voorsitter van Sothby’s Asia, sê nie net is dit ’n unieke vaas nie, dit is ook in ’n uitmuntende toestand.

“As ’n mens dink aan die afstand wat die vaas al afgelê het, asook al die onstuimige tye waardeur dit is, is dit ’n wonderwerk dat dit sonder ’n kraak oorleef het.”

Die vaas is die maat van die bekende Bainbridge-vaas, wat in 2010 vir £43 miljoen op ’n veiling verkoop is.

Meer oor:  Yamanaka-Vaas  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.