Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Aspire laat rekords spat

Aspire Art Auctions het die rekords laat spat by sy onlangse Lenteveiling wat op 28 Oktober in Johannesburg gehou is. Dié veilingshuis het nie net nuwe wêreldrekords vir Alexis Preller en William Kentridge se kunswerke opgestel nie, maar ook vir werke deur die kontemporêre kunstenaars Mohau Modisakeng, Pieter Hugo en Georgina Gratrix.

Alexis Preller se Adam (1972) is op 28 Oktober vir sowat R9,1 miljoen verkoop.

Die top-lot op die veiling was Preller se Adam (1972), wat vir R9 104 000 verkoop het, veel meer as sy vorige wêreldrekord van R8 433 924 in 2011.

William Kentridge se skets Drawing from Stereoscope (Double Page, Soho in Two Rooms) het R6,6 miljoen gehaal, ’n nuwe wêreldrekord vir een van sy sketse.

Die veilingshuis was ook suksesvol in die moderne en kontemporêre kunsafdeling. ’n Uitstekende resultaat is behaal vir Stanley Pinker se The Last Waltz. Dié werk het vir R1 251 800 verkoop, die hoogste prys op ’n veiling vir die kunstenaar sedert 2016.

Aspire sê die kontemporêre segment groei tans wêreldwyd teen 19% op ’n jaargrondslag. Die Suid-Afrikaanse kontemporêre mark sit gemaklik in die 13de posisie van die top-20 lande gemeet aan omsetwaarde op veilings.

Meer oor:  Johannesburg  |  Kunswerke  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.