Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Attacq se winkel-app is hier

Die eiendomsgroep Attacq, eienaar van die grootste winkelsentrum in Afrika, het Dinsdag sy nuwe inkopie-app, SHôPING, bekend gestel.

Dit word in die eerste fase vir eers net by die Mall of Africa in Midrand bekend gestel.

Gebruikers van dié app kry afslag op parkering by die winkelsentrum en hulle kan digitale geskenkbewyse daarmee ontvang, aanstuur vir vriende of familie as geskenk of dit by die deelnemende winkels in die sentrum bestee.

Dit sal later na al die winkelsentrums in Attacq se portefeulje uitgebrei word. Dit sluit in:

  • Garden Route Mall in George in die Suid-Kaap,
  • Eikestad Mall in Stellenbosch,
  • Lynnwood Bridge en Glenfair Boulevard in Pretoria, en
  • Mooirivier Mall in Potchefstroom in Noordwes.

“Ons hoofdoelwit met die SHôPING-app is om die aanlyn en ‘aflyn’ wêreld te integreer deur ’n doeltreffende gebruikerservaring,” sê Jackie van Niekerk, aangewese nuwe uitvoerende hoof van Attacq.

Attacq se Mall of Arica in Waterfall in Midrand.

Slimfoon- en wolktegnologie word gebruik om die inkopieganger te help om voor die tyd produknavorsing tuis te kan doen en dan te help met die beplande besoek aan die fisieke winkelsentrum. Dit skep ’n verpersoonlikte ervaring wat die klant betrek nog voordat hy of sy by die winkelsentrum aankom.

Michael Clampett, hoof van bate- en eiendomsbestuur vir Attacq se kleinhandelsafdeling, sê met die Covid-19-pandemie sukkel tradisionele winkelsentrums om hul besoekersgetalle en toepaslikheid te behou. Dit is moeilik te midde van die versnelde groei in e-handel weens die beperkings op sosiale byeenkomste, vervoer en besoeke aan openbare ruimtes. Die winkelsentrums wat geslaag het om ’n finansiële ramp te vermy was dié wat verskeie kanale en strategieë kon benut om steeds gerief en ’n aangename verbruikerservaring te kon bied, sê Clampett.

Attacq het ’n eiendomsportefeulje van meer as R28 miljard, insluitend die Waterfall City, Waterfall Logistics Hub en ’n belegging in MAS Real Estate wat eiendomme in Sentraal- en Oos-Europa bestuur. Hy besit ook eiendomsbeleggings in die res van Afrika.

Wat kan SHôPING alles vir jou doen?

  • Kry afslag op parkering.
  • Navigeer die Mall of Africa met die druk van ’n knoppie.
  • Stuur en bestee digitale geskenkbewyse.
  • Verdien lojaliteitspunte by deelnemende winkels.
  • Ontvang Zaka, ’n virtuele geldeenheid, as geskenk van ’n werkgewer, familie of vriende, wat by deelnemende winkels bestee kan word.
  • Jy kan ook self jou eie Zaka-beursie aanvul om by winkels te bestee.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.