Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Babe Ruth-bofballe gesog op veilings

Maak nie saak hoeveel keer die legendariese bofbalspeler Babe Ruth sy naam op ’n bofbal gekrabbel het nie, ’n getekende Babe Ruth-bofbal bly vandag die hoogtepunt van enige bofbal-gedenkwaardigheidsversameling op veiling.

Dié Pittsburgh Pirates-afrigtingshemp gaan na verwagting $75 000 haal.

“Die aanbod van dié getekende bofballe kan eenvoudig nie in die vraag voorsien nie en die pryse het die afgelope dekade verdubbel,” sê David Seideman, ’n deskundige van sport-versamelartikels.

Hy sê versamelaars kan verwag om ten minste $20 000 vir so ’n bofbal op te dok, veral vir amptelike Amerikaanse liga-bofballe, wat teen ’n premie kom.

Bofbalaanhangers en -versamelaars se harte gaan in November warm klop, wanneer Julien’s Auctions ’n private versameling sportgedenkwaardighede gaan opveil, wat oor 30 jaar bymekaar gemaak is.

Brett Hughes, besturende direkteur van Global Sports by Julien’s Auctions, sê so nou en dan kom daar ’n versameling na vore wat mens die geskiedenis, die geleenthede en die opwinding laat herleef en dié is so ’n versameling.

Die bofbal wat deur Babe Ruth geteken is, kan tot $20 000 op ’n veiling in Beverly Hills haal. Foto’S: Julien’s Auctions

Die mark vir sportgedenkwaardighede as alternatiewe beleggingsektor het die laaste paar jaar van krag tot krag gegaan. Ryk beleggers wat kuns, wyn, klassieke motors en juweliersware in hul portefeuljes het, belê deesdae ook in waardevolle sportgedenkwaardighede. Die sterk groeikrag in die mark is sigbaar daarin dat ’n Ruth-bofbaluitrusting wat in 2008 vir $300 000 verkoop het, vandag maklik $400 000 of meer op ’n veiling kan haal, sê Hughes.

Die komende veiling sluit in verskeie getekende bofballe, onder meer ’n amptelike liga-bal met Ruth se naam en van in swart ink geteken. Dié bal dateer van tussen 1934 en 1939 en kan tot $20 000 haal. Daar is ook ’n bofbal met die handtekeninge van drie spelers van die 1934-New York Yankees-span, Ruth, Earle Combs en Lefty Gomez. Dit het ’n voorveilingsberaming van tussen $10 000 en $20 000.

Dit is nie net getekende bofballe wat tot nuwe rekordpryse gaan lei nie, maar ook bofbaluitrustings wat deur bekende spelers gedra is. ’n Pittsburgh Pirates-afrigtingshemp van Honus Wagner gaan na verwagting tot $75 000 haal.

Die veiling word op 14 November in Beverly Hills gehou. Vir meer inligting besoek www.juliensauctions.com.

Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.