Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Baie haal hul huis van die mark weens swak pryse

Die vraag na huise neem toe en die aanbod daal, maar dit beteken geensins dat huispryse aan die styg is nie.

Gegewe dat inflasie in die omgewing van bo 4% is, beteken dit op ’n reële grondslag daal huispryse. Foto: iStock

Die laer aanbod van huise spruit juis deels daaruit dat baie verkopers hul huis van die mark af haal omdat hulle nie hul prys kry nie, sê Siphamandla Mkhwanazi, FNB-ekonoom.

FNB het pas sy huisprysindeks vir Augustus uitgereik. Daarvolgens het huispryse met 3,6% gestyg teenoor ’n jaar gelede. Dit het in Julie ook met 3,6% gestyg.

Gegewe dat inflasie in die omgewing van bo 4% is, beteken dit op ’n reële grondslag daal huispryse. Dit is ’n tendens wat al sedert Februarie 2016 ononderbroke voortsleep. Die inflasiekoers vir Augustus is nog nie uitgereik nie, maar inflasie was in Julie op die laagste vlak sedert Januarie, op 4%.

Redes vir die styging in die vraag na huise:

  • Potensiële kopers voel minder neerslagtig sedert die verkiesing.
  • Mense reken hulle kan winskopies raakloop in die huidige mark.
  • Die daling in die rentekoers in Julie.
  • Mededinging tussen banke beteken mense kan goeie voorwaardes vir lenings beding.

Redes vir die daling in die aanbod van huise:

  • Al hoe minder huise word op die mark geplaas. (Die indeks weerspieël nie nuwe ontwikkelings nie, net bestaande huise wat verkoop word.)
  • Al hoe meer verkopers onttrek hul eiendom weer aan die huismark.
Meer oor:  Fnb  |  Siphamandla Mkhwanazi  |  Inflasie  |  Aanbod  |  Huismark  |  Huispryse  |  Vraag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.