Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
‘Banke moet uit die boks begin dink oor huislenings’
As Suid-Afrika meer huisleningsopsies het, kan meer mense die vreugde van huiseienaarskap ervaar. Foto: iSTOCK

Suid-Afrika het meer huisleningsopsies nodig om huiseienaarskap meer toeganklik te maak.

“In die lig van die finansiële agtergronde en vermoëns van huiskopers wat al meer divers word, het ons ’n groter verskeidenheid huisleningspakkette nodig om die verskillende soorte leners te pas,” sê Shaun Rademeyer, uitvoerende hoof van Better­Bond, Suid-Afrika se grootste huisleningsorigineerder.

Vir die meeste verbruikers gaan bekostigbaarheid nie regtig oor die totale prys nie, maar oor die “effektiewe koste” of die maandelikse paaiement. “As dit by voertuie kom, byvoorbeeld, sal baie eerder oor 54 of 60 maande betaal en so die paaiement laag hou as om oor 36 maande te betaal en die totale koste van die voertuig te sny.

“Die gemiddelde duur van verblyf in ’n huis het onlangs gedaal van tien tot 15 jaar tot vyf tot sewe jaar op die meeste, en verbruikers begin ook so na huislenings kyk. Hulle soek maniere om die beste huis te kry vir die laagste moontlike deposito en die kleinste moontlike maandelikse paaiement.”

Dit is waarvoor mense in die mark is en op die minste wys dit daar ’n behoefte is vir meer lenings wat gestruktureer is om oor 25 tot 30 terugbetaal te word, in plaas van die tradisionele 20 jaar.

Aan die ander kant meen hy dat huiseienaars wat geen planne het om te trek nie – wat dalk naby aftree-ouderdom is of wat lewe van ’n vasgestelde inkomste en graag wil weet wat hul presiese maandelikse betalings is – sal beslis lenings teen ’n vasgestelde rentekoers op lang termyn verkies.

In Australië is meer as 1 000 huislenings-opsies beskikbaar sodat huis-eienaarskap vir soveel as moontlik mense toeganklik raak.
Shaun Rademeyer van BetterBond

“Tans kan leners net rentekoerse vasmaak vir ’n jaar of twee, en as hulle dié soort sekerheid wil hê, betaal hulle ’n ‘boete’-rentekoers wat een of twee persent meer as die standaard-huisleningkoers is.”

Dan sal eiendomsbeleggers waarskynlik ook verheug wees oor die finansiële buigbaarheid (en ekstra kontantvloei) wat die gevolg sal wees van ’n verband met ’n aanvanklike slegs-rente-tydperk.

“Inderdaad, hoe meer ons na hierdie onderwerp kyk, hoe duideliker word dit dat die verskaffers van huislenings, wat hoop om hul kliëntebasis te behou en uit te brei, regtig meer innoverend en buigbaar moet word met die produkte wat hulle bied. In dié verband kan hulle ook meer gebruik maak van inligting verskaf deur origineerders soos BetterBond om beter op die behoeftes van die mark te reageer.”

Rademeyer sê die plaaslike verskaffers van huislenings kan leer by banke in Brittanje en die VSA wat gewoond is daaraan om regtig mee te ding in die huisleningsbesigheid deur heeltyd vorendag te kom met nuwe huisleningsopsies wat ontwerp is om by spesifieke leners aanklank te vind. Dié opsies word dan bevorder by makelaars wat in kontak met verbruikers is.

“Selfs in Australië is meer as 1 000 huisleningsopsies beskikbaar sodat huiseienaarskap vir soveel as moontlik mense toeganklik raak. En daar moet gesê word dat dié tipe buigbaarheid op geen manier inmeng met verbruikersbeskerming soos in die Nasionale Kredietwet en die Verbruikersbeskermingwet uiteengesit nie.

“Inderdaad, hoe meer egte huisleningsopsies beskikbaar is en hoe nader die bande wat verskaffers van huislenings het met origineerders wat effektiewelik hul bemarkers is, hoe kleiner is die kans dat leners uitgebuit word.”

Meer oor:  Shaun Rademeyer  |  Huisverband  |  Eiendomme  |  Huiskoop  |  Huislening  |  Huislenings  |  Huismark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.