Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Becks se sokkerskoene te kry

’n Paar ou sokkerskoene wat die sokkerster David Beckham gaan na verwagting vir tussen $3 000 en $4 500 op Julien’s Auctions se Sporting Legends-veiling verkoop.

Die sokkerster David Beckham se skoene wat hy in 2009 in ’n wedstryd tussen die Kansas City Wizards en L.A. Galaxy in Kansas City gedra het, word op 25 April opgeveil. Foto: Julien’s Auctions

Die veiling van sportgedenkwaardighede word op 25 April in Beverly Hills in die VSA gehou.

Beckham het die paar Adidas-skoene in 2009 in ’n wedstryd tussen die Kansas City Wizards en L.A. Galaxy in Kansas City gedra. Sy voorletters en die name van sy drie seuns is op die skoene geborduur.

Die skoene word saam met Lionel Messi se goue Adidas-skoene opgeveil. Hy het dié skoene in 2017 in Madrid in Spanje gedra toe hy sy 500ste doel in ’n wedstryd tussen Real Madrid en Barcelona geskiet het.

Die skoene het ’n voorveilingsberaming van tot $10 000.

Sokkeraanhangers kan ook ’n paar Nike-sokkerskoene wat in 2017 deur Kylian Mbappé in ’n internasionale wedstryd in Frankryk gedra is, aanskaf vir tussen $6 000 en $10 000.

Julien’s Auctions

Meer oor:  Julien’S Auctions  |  David Beckham  |  Sokkerskoene  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.