Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Bedreig ’n brand jou huis? Hier is nuttige wenke
Een van die huise wat onlangs in die vernietigende veldbrand in Knysna afgebrand het.

Na aanleiding van die onlangse vernietigende brande by Knysna, vertel Jaap van Deventer van Bettysbaai hulle moes al by twee geleenthede hul huis ontruim toe dit daar in hul kontrei gebrand het.

Die vraag is: Wat neem jy saam as jy op die vlug moet slaan?

Jaap se sleepwaentjie staan in sy motorhuis met sy disselboom na buite – gereed vir inpak en aanhaak. In ’n ou skooltas word noodsaaklike dokumente, wat net met groot koste en moeite vervang kan word, gehou.

Dokumente

  • Die oordragdokument en registrasiedokumente van voertuie;
  • Huur-, selfoon-, en huurkoopkontrakte;
  • Die 2001-waardasie van die huis vir KWB-doeleindes;
  • Inkomstebelastingdokumente;
  • Vuurwapenlisensies;
  • Voorskrifte vir chroniese en ander medisyne;
  • Kwalifikasiesertifikate, testamente, geboorte- en huweliksertifikate;
  • Pensioenkaarte en mediesefondsbesonderhede;
  • ID-boekies en paspoorte;
  • Die eksterne hardeskyf van die rekenaar (op datum, natuurlik) en geheuestokkie met al die rekenaardokumente, foto’s en musiek (ook op datum);
  • Poliskontrakte (as dit nie reeds op die rekenaarrekord is nie);
  • Afdrukke van die voor- en agterkante van bank- en kredietkaarte; en
  • ’n Handgeskrewe lys van al die wagwoorde, intekenname en PIN-nommers in jou lewe. (Dis met die hand geskryf, want jy wil nooit daardie dokument op jou rekenaar hê nie!)

Hou die artikels hierbo op datum, dan hoef dit nie inderhaas bymekaar geskraap te word nie.

Medisyne

  • Tweedens kom die boks met chroniese medisyne vir ’n week en ook kritieke akute medikasie vir dinge soos bysteekallergie, angina, ensovoorts.

Ander benodigdhede

  • Kontant;
  • Bankkaarte;
  • Komberse en kussings;
  • Selfone en laaiers;
  • ’n Draradio met batterye;
  • ’n Flitslig;
  • Warm klere, soos ’n trui en langbroek; en
  • Noodvoorraadvoedsel vir die volgende 24 uur – vir die gesin en vir troeteldiere en enige onvervangbare artikel wat nie deur versekering gedek word nie, soos ou gesinsfoto’s en waardevolle skilderye.

Plaas gassilinders liefs in die motor/sleepwa om dit van die perseel af weg te kry.

Belangrike besluite

Laastens is daar die belangrike besluite wat vooraf geneem moet word. Dit sluit in:

  • Elke persoon se spesifieke pligte om te voorkom dat huisgenote in mekaar vashardloop.
  • Weet jy waar die gemeenskap se versamelpunt is? (Dit is waar hulle gaan kontroleer of almal wat moes ontruim het wel ontsnap het. As jy nie daar is nie, gaan mense jou dalk in lewensgevaar soek!)
  • Waar woon julle in die eersvolgende dae indien die huis beskadig is?
  • Het jy ’n lopende verstandhouding met ’n betroubare bouersvriend sodat jy nie later hoef rond te val wanneer almal bouers soek nie?

Moenie te veel sukkel om artikels wat in elk geval verseker is te probeer saamsleep nie. Dit steel net kosbare tyd.

Baie dankie, Jaap. Welgedaan!

  • Gustaf Pienaar is ’n niepraktiserende advokaat van Vleesbaai. Hy gee nie persoonlike regsadvies nie, maar beantwoord wel vrae van ’n algemene aard. Stuur e-pos na: c.gustafpienaar@gmail.com.
Meer oor:  Gustaf Pienaar  |  Bettysbaai  |  Knysna  |  Versekering  |  Eiendom  |  Knysna-Brande  |  Huisinhoud  |  Brande  |  Brandskade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.