Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Beleggers kan hier inklim

Park Village Auctions (PVA) is besig om sy vere reg te skud vir die veiling van 18 gesogte eiendomme vir gemengde gebruik in Maboneng in die middestad van Johannesburg.

“Eiendomsfondsbeleggers en ontwikkelaars is slaggereed om die geleentheid aan te gryp om in ’n snel groeiende, multikulturele residensiële en kommersiële nodus te belê,” sê Jaco du Toit van PVA.

Die Artisans Lofts-gebou in Albertina Sisulu-straat in Maboneng, met ses wooneenhede, ’n dakwoonstel en kommersiële eiendom op die grondvloer, is een van 18 beleggingseiendomme wat op 15 April deur Park Village Auctions opgeveil gaan word.

Dié likwidasieveiling van ’n uiteenlopende verskeidenheid eiendomme word op 15 April by The Venue in Melrose Arch gehou.

Onder die eiendomme tel die Artisans Lofts-gebou in Albertina Sisulu-straat, wat oor ses wooneenhede, ’n dakwoonstel en kommersiële eenhede op die grondvloer beskik. Dan is daar die Hallmark House-hotel, wat 11 eenslaapkamereenhede, twee tweeslaapkamereenhede, ’n dakwoonstel en 64 hotelkamers het. Die gebou spog ook met ’n ingangsportaal met ’n kantoor, stoorkamers, kleedkamers, ’n konferensiesentrum, jazz-kroeg en restaurant, ’n gesondheidspa, koffiekroeg en 88 parkeerplekke.

’n Eiendom wat veral die belangstelling gaan prikkel, is Arts on Main in Fox-straat. Dit behels agt kleinhandel- en kommersiële deeltiteleenhede met areas vir eksklusiewe gebruik en parkeerplekke.

Nóg eiendomme wat onder die hamer gaan kom is Revolution House met drie wooneenhede en ’n dakwoonstel, Market Up, ’n kommersiële gebou in Van Beekstraat en Urban Fox met drie kleinhandeleenhede op die grondvloer en ’n wooneenheid op die eerste vloer.

Du Toit sê kundige eiendomsbeleggers besef dat ’n belegging in Maboneng gunstige opbrengste op medium- tot langtermyn sal lewer. “Te oordeel na die magdom besigtigingsafsprake die afgelope twee weke, gaan daar ywerig meegeding word.”

Die veiling word op 15 April om 12:00 gehou en besigtiging vind slegs per afspraak plaas. Dit kan gereël word deur vir Du Toit by 082 798 9476 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.