Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Belegging kan nog in droomhuis ontwikkel

Park Village Auctions (PVA) bring binnekort ’n drieverdiepinghuis in Northcliff met uitstekende winspotensiaal na die veilingvloer.

Die eiendom in Ethel-laan nestel in die hart van een van Johannesburg se gesogste voorstede. Jaco du Toit van PVA sê Northcliff-eiendomme is bekend vir hul groot erwe in ’n rustige omgewing naby aan geriewe van wêreldgehalte.

Die drieverdiepinghuis in Northcliff met uitstekende winspotensiaal word op 16 April deur PVA op ’n veiling verkoop.

Hy sê die stewige vraag na huise in die gebied laat eiendomme aantreklike pryse haal. Huise in die gewildste prysklas het ’n gemiddelde prys van R3 miljoen.

“Eiendomskopers wat ’n voet in die deur van Northcliff wil kry, hoef nie verder as dié veiling te kyk nie.”

Die boonste vloer het ’n dubbelvolume-ingangsportaal en trappe lei na ’n oopplan-TV-kamer, ’n eetkamer en ’n kombuis met ’n opwaskamer, asook ’n onvoltooide gedeelte met ’n formele sitkamer, ’n ontvangsarea, twee slaapkamers met aansluitende badkamers en ’n studeerkamer. Daar is ook ’n hoofslaapkamer met ’n aansluitende badkamer en ’n aantrekkamer en twee gesinslaapkamers met gedeelde badkamers.

Die middelste vloer het ’n groot onthaalkamer en ’n rolprentteater met ’n skuifdeur wat op ’n balkon open en uitkyk op die swembad. Die onderste vloer het ’n kelderstoorarea, kleedkamers en ’n stort.

Daar is verder motorhuisparkering vir vier voertuie, personeelverblyf en ’n eenslaapkamerwoonstel. Die verbeterings beslaan sowat 1 050 m² en die erf sowat 1 137 m².

“Met die nodige opknapping en voltooiing kan die huis maklik in ’n droomhuis omgeskakel word,” sê du Toit. Beleggers kan die eiendom opknap en vir ’n stewige wins van die hand sit.

Die veiling word op 16 April om 11:00 op die perseel gehou. Besigtiging is op Donderdag 11 April van 12:00 tot 14:00 en op Sondag 14 April van 12:00 tot 16:00. Belangstellende bieërs kan inligting kry by parkvillageauctions.co.za of deur vir PVA by 087 160 0521 te bel.

Meer oor:  Park Village Auctions (Pva)  |  Johannesburg  |  Belegging  |  Eiendom  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.