Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Beleggings in Kaapse middestad groei fluks
’n Uitsig uit die lug op die Kaapse middestad. Daar is 209 eetplekke in die middestad, waarvan net 69 of 33% ná sesuur saans nog oop is.Foto: CCID

Die sentrale stadsgebied van Kaapstad het van 2012 tot nou en tot en met 2019 reeds R16,232 miljard se nuwe beleggings gelok, wys die jongste verslag van die Kaapstad Sentrale Stadsverbeteringsdistrik (CCID).

Luidens die verslag is R4,486 miljard se eiendomsbelegging van 2012 tot einde verlede jaar in die gebied voltooi. Tans is R4,32 miljard se nuwe projekte in aanbou en nog R7,426 miljard word beplan of is in die voorstelfase.

Rob Kane, voorsitter van die CCID, sê die beleggings en stygende eiendomswaardes kan beteken dat eiendomswaardes in die gebied in die vier jaar van 2015 tot 2019 met 77% kan groei.

Dit is in ag genome die nominale waarde van die eiendomme in die sentrale stadsgebied wat in 2015 op R23,725 miljard bereken is volgens die stad Kaapstad se amptelike waardasie. Die onlangse waardasies van die 2016-’17-boekjaar het dit tot R30,628 miljard gebring. Dit kan volgens Kane teen 2019 tot meer as R42 miljard groei as al die huidige bouprojekte en beplande projekte in berekening gebring word.

Kane sê hy hoop die stad se voorgestelde Foreshore Freeway-projek kan deur ’n vennootskap van die openbare en private sektor broodnodige bekostigbare behuising in die stadsgebied skep.

“Ons het ’n aansienlike werkmag in die stad wat tot 40% van hul inkomste slegs op vervoer bestee. Die waarde van private eiendom in die sakekern, selfs van onbenutte kantore, is nou op so ’n vlak dat dit moeilik is vir private ontwikkelaars om bekostigbare behuising te bou.”

Carola Koblitz, kommunikasiebestuurder van die CCID en redakteur van die verslag, sê die naure-ekonomie van die stadsgebied moet nou meer mense bedien as bloot die nagklubbesoekers. “Ons skat daar is tans byna 7 000 mense wat in die middestad woon en dit kan teen 2019 tot 12 000 styg. Daar is al hoe meer inbelsentrums in die gebied – daar is 37 in die middestad alleen. Dit is almal mense wat baie voordeel kan trek uit winkels wat later as 17:00 op weekdae oop is.

Kantoorhuur in die Kaapse middestad:

Premium kantore – R185 per m²

A-graad-kantore – R133 per m²

B-graad-kantore – R105 per m²

C-graad-kantore – R75 per m²


Eiendomsverkope in die middestad:

Gemiddelde verkoopprys in 2016: R2,337 miljoen

Jaarstyging in gemiddelde pryse:

2014: 8,68%

2015: 30,86%

2016: 15,06%


Woonstelhuur in die middestad:

Enkelwoonstelle per maand:

Gemiddeld: R10 608

Hoogste: R15 600

Laagste: R7 950

Eenslaapkamerwoonstelle per maand:

Gemiddeld: R15 081

Hoogste: R35 000

Laagste: R8 000


Meer oor:  Kaapstad  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.