Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Besproeiingsplase in Zambië te kry

Twee prima besproeiingsplase in Zambië, een aan die Kafuerivier en die ander aan die Nampambameer, word per openbare tender deur Van’s Auction­eers verkoop.

Die plaastoerusting is ook te kry.

Die eerste lot is die plaas Chankalamo van ’n raps minder as 3 000 ha. Die plaas beskik oor waterpermitte vir die besproeiing van 1 000 ha en onttrekking van nagenoeg 41 000 m³ se volume water per dag vanuit die Kafue­rivier. Die plaas het tans sowat 530 ha onder spilpuntbesproeiing met tien nuwe Agrico-spilpunte. Daar is sowat 270 ha wat van reënwater afhanklik is en sowat 2 200 ha wat vir veeweiding gebruik word.

’n Skermgreep van die be­sproeiings­plaas Chanka­lamo aan die Kafuerivier in Zambië wat Van’s Auction­eers per open­bare tender verkoop.

Die plaas het twee 630 kVA-kragopwekkers, asook ’n hoofpomphuis en kragopwekkerkamer, ’n dieseltenkstander en ’n drukpompstasie.

Die tweede lot is ’n deel van die plaas Nampamba wat ongeveer 258 ha groot is. Dit het ’n waterpermit vir water uit die Nampambameer en die verbeteringe sluit in ’n stoor, ’n werk­winkel, ’n huis en silo’s.

Die plaas het drie-fase-11 kVA-elektrisiteit.

Al die plaastoerusting word as lot drie aangebied. Dit sluit in goeiegehalte-masjinerie, onder meer vier plantmasjiene met handelsname van John Deere, Tye, Staalland en Kongskilde. Verder is daar vyf Case-trekkers, ’n Henred-sleepwa, drie skeurploeë en ’n 21 t-Terex-uitgrawer.

Voornemende kopers kan die volledige lys op Van’s Auctioneers se webwerf besigtig.

Die sluitingsdatum vir die indien van tenderdokumente by die kantore van Van’s Auctioneers te Gemsbokstraat 36 in Koedoespoort Industrial in Pretoria is 17 April 12:00.

  • Vir meer inligting kan belangstellende kopers Van’s Auctioneers bel by 086 111 8267 of vansauctions.co.za of sy Facebook-blad of YouTube-kanaal besoek.
Meer oor:  Zambië  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.