Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Betaal eerder ’n groter deposito op huis as jy koop
As jy ’n groter deposito betaal, kan jy ’n laer rentekoers beding, wat jou op lang termyn derduisende rande bespaar. Foto: iStock

Suid-Afrikaanse huiskopers het die afgelope jaar al hoe kleiner deposito’s op hulle eiendomme betaal.

Volgens BetterBond se jongste statistieke het die gemiddelde deposito wat huiskopers betaal in die laaste 12 maande van 22,5% van die verkoopsprys tot 19,75% gedaal.

Daarmee saam het die persentasie huislenings wat goedgekeur is weer vanaf 75% tot 80% gestyg.

Rudi Botha, uitvoerende hoof van BetterBond, sê in ’n verklaring talle kopers wil nou van die gunstige omstandighede vir lenings gebruik maak en ten alle koste ’n huislening by ’n bank verseker – ondanks hoeveel geld hulle vir ’n deposito beskikbaar het.

Dít, eerder as om langer vir ’n deposito te spaar en die risiko te loop dat die huispryse weer die hoogte kan inskiet of rentekoerse weer kan styg.

Volgens Botha is daar amper ’n gevoel van dringendheid onder kopers om die huismark te betree voordat die marktoestande weer verander.

“Ons glo egter dat as jy haastig is om ’n huiseienaar te word, jy eerder al die geld wat jy gespaar het gebruik om ’n groter deposito op ’n goedkoper eiendom te betaal – en nie andersom nie.”

Hy sê kopers wat groter deposito’s betaal, kan die volgende voordele geniet:

  • Jy gaan ’n kleiner huislening nodig hê;
  • Jou maandelikse huispaaiement gaan laer wees en jy gaan minder besteebare inkomste nodig hê om die paaiement te dek;
  • Die maandelikse huishoudelike inkomste wat jy nodig het om vir die huislening te kwalifiseer, gaan laer wees; en
  • Jy staan ’n beter kans om vir ’n toegewing op die rentekoers wat jy op jou huislening betaal te kwalifiseer. Dít kan jou baie geld op lang termyn spaar.

Volgens Botha kan dit ’n koper ook in ’n posisie plaas waar hy meer geld elke maand op sy huisverband kan betaal, en só sy huis vinniger kan afbetaal. 

Meer oor:  Huiskoop  |  Huisverband
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.