Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Bie op kuns oor die Wilde Weste
Arthur Roy Mitchell se The Wagon Master gaan na verwagting tussen $5 000 en $7 000 haal.

Meer as 500 lotte van Wilde Weste-, kontemporêre en Amerikaans-Indiaanse kuns gaan op Hindman Auctions en sy vennoot Cowan’s se komende veiling in Denver, Colorado, onder die hamer gebring word.

Dit sluit in skilderye deur histories belangrike Wilde Weste-kunstenaars soos onder andere Joseph Henry Sharp, Harold von Schmidt en Harvey Dunn.

Die verkoping bied ook ’n versameling van kralewerk­artefakte, pueblo-pottebakkerswerk, mandjies en Amerikaans-Indiaanse juweliersware uit verskeie private versamelings uit Jackson, Wyoming, Golden en Colorado.

Joseph Henry Sharp se Ditch Workers wat vir tussen $50 000 en $70 000 op ’n veiling kan verkoop. Foto’s: Hindman Auctions

Objekte van belangrike instellings word ook verkoop ten bate van die Alburquerque-museum-stigting en die A.R. Mitchell-museum vir Wilde Weste-kuns.

’n Versameling skilderye deur Arthur Roy Mitchell in vennootskap met die A.R. Mitchell-museum vir Wilde Weste-kuns word ook aangebied.

Die oogmerk is om die kuns­tenaar se erfenis in die kollig te plaas en die langtermynbewaring van die werke te verseker.

“Ons het dié kategorie omvattend uitgebrei en dit gaan opwindend wees om die groei daarin dop te hou,” sê Maron Hindman, visepresident van die Wilde Weste-afdeling by Hindman Auctions.

Die veiling word 7 November gehou.

Meer oor:  Veiling  |  Wilde Weste  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.