Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Bie op ’n ruim huis in spogbuurt

’n Ruim huis in die spogbuurt Drie Riviere in Vereeniging word vroeg volgende week deur Park Village Auctions (PVA) op ’n openbare veiling verkoop.

Die huis het ’n portaal, ’n sitkamer met ’n kaggel, ’n eetkamer, ’n TV-kamer en onthaal-area, ’n kombuis met ’n opwaskamer, vier slaapkamers en drie badkamers, waarvan twee en suite is.

Dié ruim huis in Drie Riviere in Vereeniging word op ’n veiling verkoop. Die eiendom het ook ’n eenslaapkamerwoonstel wat ’n bykomende inkomste kan verdien.

Buite is ’n motorhuis met plek vir drie voertuie, huiswerkerverblyf met ’n badkamer, ’n swembad en ’n toegeruste boorgat.

Die huis op ’n erf van 2 309 m² het ook ’n woonstel met die potensiaal om ’n ekstra inkomste te verdien.

Die woonstel het ’n slaapkamer, ’n badkamer en ’n kombuis.

Jaco du Toit van PVA, sê die eiendom is naby genoeg aan Johannesburg, Sandton en Pretoria om daagliks na ’n werkplek te pendel en tog ver genoeg van die stad se gedruis.

“Die woonstel kan aan ’n permanente huurder verhuur word of selfs as ’n vakansie-blyplek in spitsvakansietye.”

Drie Riviere is naby aan die Vaalrivier en twee van die rivier se belangrike syriviere en ’n gewilde naweekwegbreek-plek vir bootvaarte, staptogte en ander aktiwiteite.

Dit maak die huis ideaal vir avontuurlustiges, of dié wat naby aan die natuur wil woon.

Die veiling word op 15 Julie om 12:00 op die perseel te Severn-rylaan 1, Drie Riviere, Vereeniging, gehou.

Vir meer besonderhede skakel gerus vir PVA by 011 789 4375 of besoek die webwerf by www.parkvillageauctions.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.