Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Boardwalk kry nuwe sentrum en hotel
Die sooi is Woensdag gespit vir die R500 miljoen-opgradering by die Boardwalk Hotel-en vermaaklikheidsentrum. Van links na regs is Nqaba Bhanga, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, Mlungisi Mvoko, Oos-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese ontwikkeling, Bongi Siwisa, voorsitter van Emfuleni Resorts, Anthony Leeming, uitvoerende hoof van Sun International, en die besturende direkteur van Flanagan & Gerhard, Paul Gerard. Foto: Lulama Zenzile

Die eerste sooi is Maandag in Nelson Mandelabaai gespit vir die opgradering van R500 miljoen aan die Boardwalk casino- en vermaaklikheidskompleks.

Die opgradering word deur Flanagan & Gerard asook Emfuleni Resorts, ’n filiaal van Sun International, behartig.

As deel van die opgradering word ’n splinternuwe inkopiesentrum, waarvoor daar alreeds ankerhuurders gevind is, opgerig, asook die bou van die nuwe Capital Hotel van 145 kamers.

Die inkopiesentrum se nuwe huurders is onder meer Woolworths, Checkers, Pick ’n Pay, Dis-Chem, Clicks en Nu Metro.

Die nuwe inkopiesentrum en hotel gaan die 5-ster Boardwalk Hotel, die internasionale konferensiesentrum en die casino komplementeer, sê Bongi Siwisa, voorsitter van Emfuleni Resorts.

Volgens Siwisa is die spit van die eerste sooi die sukses van die eerste stap in die proses en gesprekke wat reeds ses jaar gelede begin is.

Sy glo vas die projek gaan groot waarde voeg tot die ekonomie van die Nelson Mandelabaai-metro, en veral in die lig gesien van die getal werksgeleenthede wat dit gaan bied.

Gedurende die boufase gaan daar na raming 1 000 werksgeleenthede geskep word. Dit sluit geskoolde en ongeskoolde werkers in.

Volgens die ontwikkelaars gaan ongeskoolde werkers nuwe vaardighede aangeleer word.

Die voltooiing van die projek gaan ongeveer 1 500 permanente werksgeleenthede bied.

“Daar was vir baie maande geen hyskrane in die uitsig van die stad nie, wat aanduidend is daarvan dat geen ontwikkelings plaasgevind het nie.

“Binnekort gaan die hyskrane weer gesien word,” het Siwisa gesê.

Paul Gerhard, besturende direkteur van Flanagan & Gerhard, sê die bouwerk sou reeds in Maart verlede jaar begin, maar die Covid-19 pandemie het ’n stokkie gesteek voor hul planne.

Daar is volgens Gerhard koppe bymekaar gesit oor hoe die opgradering rondom die pandemie kan voortgaan.

“Ons wil die inkopiesentrum oprig met die doel om waarde te voeg tot wat die Boardwalk reeds bied en om meer voete hierheen te lok.

Hy sê ook plaaslike mannekrag en kontrakteurs gaan ingespan word sodat die vaardighede en geld in die streek behoue kan bly.

Nqaba Bhanga, uitvoerende burgemeester van die stad, sê dit is belangrik dat daar stabiliteit is in die instansie sodat beleggers nie afgeskrik word nie.

Volgens Bhanga word ’n gunstige klimaat geskep vir beleggers en ontwikkelaars wat hul sake na die stad wil bring.

Die nuwe sentrum maak na verwagting op 22 September sy deure oop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.