Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Bouwerk aan superluukse Kerzner Estate begin
’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die superluukse huise op Sol Kerzner se nuwe landgoedontwikkeling gaan lyk.

Bouwerk aan die hotelmagnaat Sol Kerzner se superluukse landgoedontwikkeling in Kaapstad het vandeesmaand begin en die eerste inwoners sal na verwagting teen 2020 in hulle nuwe huise kan intrek.

Kerzner Estate word tussen Houtbaai en Llandudno aan die gesogte Atlantiese kus ontwikkel, op ’n deel van die Kerzner-familie se bestaande Leeukoppie-landgoed. Kerzner besit die eiendom al sedert 1983 en gaan al jare lank hier tuis wanneer hy in Suid-Afrika is. Hy ontwikkel Kerzner Estate saam met sy dogter, Andrea.

Dié nuwe landgoedontwikkeling beslaan 10 ha en bestaan uit altesaam 43 erwe van 1 500 m² elk waarop superluukse huise gebou gaan word. Die erfpryse alleen begin by R3,7 miljoen.

Die grootte van die huise op Kerzner Estate wissel tussen 374 m² en 738 m², en kopers sal ’n keuse tussen drie, vier of vyf slaapkamers hê. Al die slaapkamers kry en suite-badkamers.

Luidens ’n verklaring wat deur Seeff uitgereik is, is drie van die aanvanklike agt huise in die eerste fase al vir rekordbedrae van tussen R30,5 miljoen tot R37 miljoen van die hand gesit.

Altesaam ses argiteksfirmas is ingebring om aan die huisontwerpe te werk.

Altesaam ses argiteksfirmas is ingebring om aan die huisontwerpe te werk. Die huise in die eerste fase is deur die firmas ARRCC, Metropolis Architects en Fabian Make Architects ontwerp.

Backland Construction is weer aangestel om die bouwerk te behartig. Volgens Ross Levin, Seeff se direkteur vir die Atlantiese kus en die Kaapse stadskom, is die nodige infrastruktuur en dienste op die landgoed reeds in plek. Die fiksheidsentrum en die veiligheidstelsels sal voltooi wees nog voordat die eerste huise aan hul nuwe eienaars oorhandig word.

Die landgoed het van die mooiste uitsigte op Chapmanspiek en die omliggende omgewing. Buiten vir die gehalte-afwerkings wat die huise kry, sal inwoners van Kerzner Estate ook toegang kry tot ’n verskeidenheid gasvryheidsdienste. Daarbenewens word die inheemse plantegroei ook hervestig en gaan Kerzner die dennebome met fynbos vervang.

Volgens Levin is daar ’n groot vraag van sowel plaaslike as buitelandse kopers na eiendom op Kerzner Estate – veral van Brittanje en Duitsland. 

Vir meer inligting oor beleggingsgeleenthede, bel dié Seeff-agente:

  • Taryn Selmon by 082 449 1707 of 021 425 5970;
  • Ingred Blicher Hansen by 083 320 8557 of 021 790 1032. ) Belangstellendes kan ook www.kerznerestate.com besoek.
Meer oor:  Huise  |  Landgoed  |  Eiendomme  |  Bouwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.