Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Bredasdorp bied blink beleggings

’n Sake-eiendom en ’n woonhuis in die prentjiemooi plattelandse dorp Bredasdorp in die Wes-Kaap met verskeie beleggingsmoontlikhede word volgende week deur BKB Eiendomme op ’n veiling verkoop.

Dié woonhuis in Bredasdorp kan maklik in ’n gastehuis omgeskakel word.

Die sake-eiendom te All Saintsstraat 22 huisves die alombekende restaurant Julian’s met sy fynproewerspyskaart en onthaalsentrum. Dié eiendom bestaan uit twee groot onthaalareas, ’n sit­kamer, ’n ontspanningskamer, ’n kroeg, eetareas met kaggels, ’n kombuis en badkamers. ’n Tweede gebou huisves kantore, pakkamers en ’n badkamer en kan maklik in ’n bestuurdershuis omgeskakel word.

Die woonhuis te All Saints­- straat 20 het hope verblyf en hou die potensiaal in om in ’n gastehuis met tien slaapkamers omskep te word. Die huis op ’n erf met ’n groot boomryke tuin het drie slaapkamers, twee badkamers en al die ander geriewe. Dit het ook ’n stoep, ’n soldervertrek, ’n swembad en ’n braai-area. Die bonus is dat daar ’n afsonderlike gebou is wat ’n bykomende twee slaapkamers kan huisves.

Verder is daar ook ’n woonstel met twee slaapkamers en twee badkamers, asook ’n kothuis met ’n kombuis, ’n sitkamer, ’n slaapkamer, ’n aantrekkamer en ’n badkamer.

Die eiendomme word op 21 November om 11:00 op die perseel opgeveil. Dit kan slegs per afspraak besigtig word.

Die sakegebou in Bredasdorp wat die alombekende restaurant Julian’s huisves, word volgende week deur BKB Eiendomme op ’n veiling verkoop.

Vir navrae of om ’n afspraak te maak om die eiendomme te besigtig, bel Willie van Rensburg of Albie Loubser by 083 261 7641 of 082 573 9902 onderskeidelik.

Inligting by www.bkb.co.za.

Meer oor:  Bredasdorp  |  Beleggings  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.