Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Britse kuns verloor markaandeel
Pontus Silfverstolpe, medestigter van Barnebys. Foto: Barnebys

Die Britse kunsmark verloor sy markaandeel in die globale kunsmark, ’n situasie wat verder deur Brexit vererger kan word, meen kenners.

Volgens die aanlyn kunsveilingsoekenjin Barnebys, wat op enige gegewe tyd meer as 1 miljoen artikels deur 3 000 afslaers wêreldwyd aanbied, het die Britse kunsmark se deel van die globale kunsmark die afgelope jaar met byna 10% gedaal.

Tans is Brittanje se kunsmark op grond van verkoopsvolumes net agter die VSA en voor China.

Londen huisves al vier die groot internasionale afslaers, Sotheby’s, Christie’s, Bonhams en Phillips.

Pontus Silfverstolpe, een van die stigters van Barnebys, sê die vraag of Brittanje se kunsmark Brexit gaan oorleef, hang tans aan ’n draadjie.

“Die regte besluite om handel in kuns te fasiliteer, mag Brittanje se posisie in die kunswêreld dalk ’n hupstoot gee, terwyl die verkeerde besluite die globale kunsmark in twee hoofspilpunte kan omskep, New York en Hongkong.”

Hoewel die VSA voorloop met die meeste kunsmark-aksie ter wêreld, is Brittanje die plek met die meeste kunsmark-aksie in Europa.

Silfverstolpe sê die voorste posisie in Europa is in ’n groot mate afhanklik van hoe maklik mense afkomstig van die Eurosone in Brittanje kan werk en andersom.

“Die meeste professionele mense in die kunswêreld glo dat vryheid van beweging die belangrikste aspek is in Londen se huidige oorheersende posisie.”

Anthony Browne, voorsitter van die British Art Market Federation, beaam dat vryheid van beweging ’n belangrike aspek is.

“As daar ’n toename in papierwerk en vertragings by die grense gaan wees omdat doeane dit nie kan hanteer nie, kan dit ’n enorme impak op die Britse kunsmark hê.”

Hy sê aan die ander kant kan Brittanje se toegang tot van die grootste markte ter wêreld, onder meer die VSA, Hongkong en Switserland, deur Brexit vergemaklik word.

Hy sien daarom geen rede hoekom die Britse kunsmark nie kan aanhou meeding deur die geleenthede wat Brexit bied aan te gryp nie.

“Dit is nou die tyd om die regulatoriese laste wat oor die jare heen opgestapel het, te verminder of selfs te elimineer.”

Meer oor:  Sotheby's  |  Veilings  |  Kuns  |  Kunsveilings  |  Brexit  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.