Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Britse reus maak buiging op JSE
Van links Donderdag by Hammerson se notering op die JSE was Rebecca Patton, Hammerson se hoof van beleggersbetrekkinge, David Atkins, uitvoerende hoof, en Timon Drakesmith, finansiële hoof.

Die Britse kleinhandeleiendomspesialis Hammerson plc het Donderdag sy buiging op die JSE gemaak en ’n markwaarde van R89 miljard tot die beurs toegevoeg.

Dit maak Hammerson die grootste genoteerde eiendomsgroep op die JSE.

Die groep het ’n prima kleinhandel- en ontspanningseiendomsportefeulje ter waarde van R170 miljard, wat hoofsaaklik in Brittanje, Frankryk en Ierland geleë is.

Dit behels meer as 41 winkelsentrums, kleinhandelparke en 15 prima kleinhandelafsetpunte met meer as 4 500 huurders.

Dit lok jaarliks meer as 280 miljoen besoekers.

Hammerson bestuur sy portefeulje aktief om huurgroei aan te dryf en danksy die bates van uitstaande

gehalte is die groep goed geplaas om konsekwente opbrengste te lewer.

David Atkins, uitvoerende hoof, bestempel die notering as ’n belangrike oomblik vir Hammerson, namate die groep sy beleggersbasis uitbrei en likiditeit vir alle aandeelhouers verbeter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.