Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Catherine Deneuve se rokke haal $1 m.
Die 75-jarige Deneuve het die uitrustings laat opveil nadat sy ’n huis in die noorde van Frankryk, waar sy die klere dekades lank gestoor het, verkoop het.

’n Veiling in Parys, Frankryk, waar sowat 130 skeppings wat Yves Saint Laurent vir die aktrise Catherine Deneuve ontwerp het, onder die hamer gekom het, sê die veilingshuis Christies.

Die Franse aktrise Catherine Deneuve. Foto: Reuters

Onder die tabberds wat opgeveil is, is ’n rok met kralewerk wat Deneuve in 1969 gedra het toe sy die rolprentregisseur Alfred Hitchcock die eerste keer ontmoet het, en ’n goue tabberd wat sy eenkeer na die Oscars gedra het.

Die 75-jarige Deneuve het die uitrustings laat opveil nadat sy ’n huis in die noorde van Frankryk, waar sy die klere dekades lank gestoor het, verkoop het.

Die aktrise het nie gesê waarvoor sy die geld gaan gebruik nie.

Saint Laurent het Deneuve ontmoet toe sy net 22 jaar oud was. Dit was die begin van ’n jarelange vriendskap. Reuters

Meer oor:  Christies  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.