Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Centurion is dié plek om te woon

Centurion is ’n vinnig groeiende gebied wat goed geleë is met maklike toegang tot sowel Johannesburg as Pretoria via die Ben Schoeman-snelweg. Die O.R. Tambo-lughawe is maklik bereikbaar via die R21, en die Lanseria-lughawe via die R28.

Steve van Wyk, Seeff se besturende direkteur in Centurion, sê Centurion is op die Hoëveld geleë met ’n soortgelyke klimaat as Johannesburg, gewoonlik net ’n paar grade warmer. “Centurion bestaan uit sowat 40 voorstede en sluit in vyf gholflandgoedere, 40 veiligheidslandgoedere, kleinhoewes en veiligheidskomplekse.”

Dié huis in die Zwartkop-gholflandgoed in Clubview, Centurion, is op die mark vir R3 450 000. Webverwysing: 477495. Foto’s: Seeff

Daar is ’n groot verskeidenheid eiendomme beskikbaar in Centurion, van losstaande huise en meenthuise tot woonstelle en eenhede in veiligheidskomplekse.

Centurion se strategiese posisie beteken dat beleggers wat hier in eiendom belê uitstekende infrastruktuur kan geniet. Die gebied spog met verskeie winkelsentrums, insluitende die Centurion Mall, Reds Mall, die Southdowns-sentrum en die Irene Village Mall.

Benewens verskeie private skole bied die area ook baie model C- laer- en -hoërskole.

Nog trekpleisters in Centurion sluit in die Waterkloof-lugmagbasis, Zwartkops-renbaan en SuperSportpark (’n krieketstadion).

Die gebied om die Centurion-Gautreinstasie is veral gewild onder diegene wat in Midrand, Sandton, Johannesburg of Pretoria werk en nie in die verkeer wil vassit nie.

Van Wyk meen ’n mens kan nie ’n fout maak deur te belê in die redelik nuwe areas van Highveld en Rooihuiskraal-Noord nie.

“Albei dié voorstede bied uitstekende waarde vir geld, dit is veilig, het toegang tot snelweë, goeie skole en geriewe en gaan waarskynlik meer gesog word in die toekoms. Eiendom in areas soos Eco Park in Highveld en die Heuwelsig-landgoed in Monavoni verkoop gemiddeld binne ses weke vandat dit op die mark kom, as dit korrek geprys is. Eiendomme in albei die areas kos tussen R800 000 en R2,5 miljoen.”

Hierdie huis in Lyttelton Manor, Centurion is op die mark vir R2 285 000. Webverwysing: 476850.

Enige areas naby die Gautreinstasie is ’n goeie keuse vir beleggers. Eerste kopers in Centurion kan gerieflike eenhede in redelik nuwe komplekse naby groot paaie en die Gautreinstasie kry vir tussen R700 000 en R1,5 miljoen.

Areas soos Celtisdal, die Eco Park- en Heuwelsig-landgoed en Kosmosdal is ook aanloklike opsies vir eerste kopers, want eiendom hier is bekostigbaarder as in ouer, gevestigde areas.

Die Hoewes is ook baie gewild en het ongeveer 6 300 deeltiteleenhede geprys tussen R545 000 en R2,4 miljoen (die gemiddelde prys is R750 000). Ongeveer 500 eenhede word jaarliks in Die Hoewes verkoop en sowat 38% van die kopers is onder 35.

Sowat 30% van eiendom in Centurion is in 60 veiligheidslandgoedere geleë. Daar is duur landgoedere soos Cornwall Hill waar huise tot R30 miljoen kan kos, maar daar is opsies in elke prysklas. Huise in sommige landgoedere kos so min soos R1,5 miljoen.

Die vraag na ’n landgoedleefstyl in Centurion is hoog oor die veiligheidsaspek, maar ook oor ’n beter herverkoopwaarde, speelareas, buitelugruimtes, gholfbane, swembaddens, restaurante en ander voordele.

Die huurmark, sowel privaat as korporatief, is sterk in Centurion. Die gewildste prysklas is van R5 000 tot R8 000 per maand vir ’n een- of tweeslaapkamerwoonstel. In dié prysklas het ontwikkelaars multiverdieping-woonstelle gebou, en om mense aan te moedig om die eenhede te huur bied hulle afslag en verskeie aansporings.

Daar is ’n groot vraag na huureiendomme omdat dit deesdae moeiliker is om te kwalifiseer vir ’n verband – 6 000 verkope vind jaarliks in Centurion plaas.

Meer oor:  Seeff  |  Steve Van Wyk  |  Centurion  |  Huiskoop  |  Woonbuurt  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.