Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
David Bowie-kuns opgeveil
Willie Bester se What Happened in the Western Cape. Dié Suid-Afrikaanse kunstenaar is deur David Bowie as ’n bietjie soos (Francis) Bacon beskryf. Foto: Sotheby’s

“Bester is ’n bietjie soos (Francis) Bacon, sy tegniek is net so kragtig en sy onderwerpmateriaal is didakties,” het die sanger wyle David Bowie van die Suid-Afrikaanse kunstenaar Willie Bester se werk gesê.

Bester se kunswerk What Happened in the Western Cape maak deel uit van Bowie se persoonlike kunsversameling wat van 1 tot 10 November in Londen uitgestal gaan word en op 11 November deur Sotheby’s opgeveil gaan word.

Dié werk gaan na raming vir tussen £2 000 en £3 000 verkoop.

Bowie het Suid-Afrika in 1995 vir die eerste keer besoek, minder as ’n jaar ná die eerste demokratiese verkiesings wat die apartheidsera tot ’n einde gebring het.

Suid-Afrika het vir dekades deurgeloop onder internasionale ekonomiese en kulturele boikotte, wat kontemporêre kunstenaars verwyderd gelaat het van die ontwikkelings in die kunswêreld in Europa en Amerika.

Die eerste Johannesburgse Biënnale in 1995 was ’n poging om Suid-Afrika weer met Afrika en die internasionale kunsgemeenskap in verbinding te bring.

Dit was teen dié agtergrond dat Bowie die land besoek het. Tydens die reis het hy talle van die kunstenaars ontmoet en van hul werke aangeskaf. “Die Biënnale was net soveel meer verbysterend en roerender as enige ander kunsuitstalling wat ek in die Ooste, die Weste en in die middel in enige jaar gesien het,” het hy gesê.

Hy het dikwels genoem dat hy betower is deur die spontane en ewig veranderende panorama van die Afrikavasteland se artistieke eksperimente.

Benewens Bester se werk, sluit sy versameling ook werke van ander Suid-Afrikaanse kunstenaars, onder andere David Koloane en Norman Katherine in.

Sotheby’s voorsien dat Koloane se werk getiteld Made in South Africa (Pink) tussen £2 000 en £3 000 sal haal.

Van Katherine se beeldhouwerk het Bowie gesê: “Ek hou my klein houtstandbeeldjies oor die hele huis heen, in elke hoekie en gaatjie. Hulle verras en verwonder my steeds as ek in hul rigting kyk.”

Meer oor:  David Bowie  |  Kunsveilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.