Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Dekor-ekspo: Wen kaartjies!

As jy kopkrap oor die huisverbeterings wat jy beplan of baie van dekor, huisontwerp en selfdoenprojekte hou, moenie die 2018 Cape Homemakers Expo vanaf eerskomende Donderdag in die Kaap misloop nie.

Dié jaarlikse ekspo word daagliks tot Sondag (2 September) in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aangebied en is veral gewild onder selfdoen-foendies en dekorliefhebbers.

Besoekers leer alles oor onder meer dekor, huisontwerp en selfdoenprojekte van die beste kundiges in die bedryf. Die jongste tendense in die huisbedryf word ook ten toon gestel.

Kom leer onder meer hoe om huisverbeterings te doen, hoe om ontspanningsruimtes en buite-areas in te rig, watter nuwe dekorstyle daar is en hoe om ’n kombuis of badkamer op te knap, lui ’n verklaring wat deur die organiseerders uitgereik is.

Kaartjies vir die Homemakers Expo kos R90 vir volwassenes, R70 vir pensioentrekkers en kinders onder 16 jaar kry gratis toegang. Die kaartjies is by die deur of op www.quicket.co.za te koop.

Die ekspo-tye is Donderdag tot Saterdag van 10:00 tot 19:00 en die Sondag van 10:00 tot 18:00.

Skryf in!

15 lesers van Die Burger Eiendomme kan dubbelkaartjies na die Cape Home­makers Expo wen. Stuur ’n e-pos met jou kontakbesonderhede na info@purplepine.co.za met “Die Burger Eiendomme” in die onderwerpveld.

Die eerste 15 wat inskryf, wen die kaartjies en sal dit per e-pos ontvang.

Vir meer inligting oor die ekspo, bel 021 511 2800 of besoek die webwerf by www.homemakersonline.co.za.

Hierna kan jy uitsien

  • By die Tuis|Home-teater wys kundiges jou hoe om kreatiewe selfdoenprojekte aan te pak. Daar word ook daagliks kook- en dekordemonstrasies aangebied.
  • Ghoeroes in huisontwerp sal daagliks by Interior Spaces wys hoe om die ideale ruimte in ’n huis met mooi dekor, materiaal en die jongste ontwerpkonsepte in te rig.
  • Die D’Vine Life-fokusarea sal weer die plek wees vir ywerige koskenners om tuisgemaakte happies te proe, oor die jongste neigings in die kosbedryf te leer, Wes-Kaapse wyne te proe en handgemaakte bier en jenewers te ontdek.
  • ’n Interessante versameling funksionele en dekoratiewe handwerk sal in die ruimte Truly Artisan te sien wees. Dit sluit huisware, keramiek, leergoedere, ontwerp, kuns en juweliersware in.
  • Die jongste oudio- en visuele tegnologie sal by die Tafelberg AV-emporium uitgestal wees.
  • Die WODC Concrete Workshop-uitstalling is ’n nuwe toevoeging. Daar sal die vele gebruike van beton gedemonstreer word.
  • Die ontwerpkompetisie For the Love of Concrete is terug en almal, van argitekte en ontwerpers tot kunstenaars en die algemene publiek, word genooi om deel te neem. Meer as 50 ontwerpe en werke wat deur World of Decorative Concrete (WODC) of kunstenaars self vervaardig is, sal vertoon word. Besoekers kan dan op hul gunstelinge bie. Die geld wat ingesamel word, word aan die Domestic Animal Rescue Group geskenk.
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.