Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Diamant so groot soos ’n eier opgeveil
Hierdie groot diamant van 102,39 karaat word aanstaande maand deur Sotheby’s in Hongkong opgeveil. Foto: Reuters

Een van die skaarsste diamante ter wêreld – wat so groot is soos ’n eier of ’n groot suigstokkie is – gaan aanstaande maand opgeveil word.

Die verwagting is dat dit vir tussen $12 miljoen en $30 miljoen gaan verkoop.

Die afslaer Sotheby’s het Donderdag gesê die diamant van 102,39 karaat is die naasgrootste ovaalvormige diamant in sy soort wat al op veiling aangebied is.

Die grootste diamant, van 118,28 karaat, het ’n rekordprys van $30,8 miljoen gehaal toe dit in 2013 opgeveil is.

Net sewe sulke diamante, wat in die bedryf as D-kleur foutlose wit diamante bekend staan van meer as 100 karaat is al opgeveil.

“Al hoe meer mense besef iets wat miljarde jare gelede geskep is en so groot soos ’n stokkielekker is, kan soveel waarde stoor soos ’n selfportret van Rembrandt of ’n kunswerk van Jean-Michel Basquiat,” sê Gary Schuler, voorsitter van Sotheby’s se afdeling vir juweliersware, in ’n verklaring.

Die diamant word op 5 Oktober sonder ’n reserweprys in Hongkong opgeveil.

“Diamante van hierdie gehalte en grootte het al vir tussen $11,9 miljoen en $33,7 miljoen verkoop,” het Quig Bruning, hoof van Sotheby’s se afdeling vir juweliersware in New York, gesê.

Die juweel is gesny van ’n groter ru-diamant van 271 karaat wat in 2018 in die Victor-myn in die Kanadese provinsie Ontario gevind is.

Juweliers het langer as ’n jaar geneem om dié massiewe ru-diamant te sny en te poleer.

Twee van die grootste en mees bekende diamante ter wêreld, die Koh-iNoor en die Cullinan 1, behoort aan die Britse koningshuis en is deel van die Britse kroonjuwele.

Die wêreldrekord vir die grootste diamant of juweel wat al opgeveil is, was ’n pienk diamant van 59,60 karaat in 2017. Dit is vir $71,2 miljoen aan die Hongkongse juweliers Chow Tai Fook verkoop.

Meer oor:  Sotheby's  |  Veiling  |  Juwele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.