Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Die regte antwoord: Verseker dié besluite is geldig

Die trustees in ’n deeltitelskema speel ’n baie belangrike rol.

Die trustees se funksie is sowel uitvoerend as administratief van aard.

Hulle is verantwoordelik vir die uitvoering van en die toesig oor die daaglikse bestuur van ’n deeltitelskema

Die Deeltitelskemabestuurswet, No. 8 van 2011 (hierna verwys as die “DSBW”) het op 7 Oktober 2016 in werking getree en handel oor die rol van trustees in ’n deeltitelskema.

Dit is vir die trustees relatief vinnig en eenvoudig om trusteevergaderings te belê ten einde spoedige besluite te neem rakende die bestuur van ’n deeltitelskema.Foto: iSTOCK

Elke deeltitelskema het ’n regspersoon. Die regspersoon is ’n vereniging met die vermoë om te kontrakteer, te dagvaar en gedagvaar te word.

Al die eienaars van eenhede in ’n deeltitelskema is lede van die regspersoon.

Die regspersoon neem op twee vlakke besluite: op die vergaderings van eienaars en op die vergaderings van trustees.

Art. 7 van die DSBW bepaal dat die funksies en magte van ’n regspersoon uitgeoefen word deur die trustees van die regspersoon.

Die trustees beklee hul amp ooreenkomstig die reëls tot die wet.

Art. 8 van die DSBW bepaal dat die trustees in ’n fidusiêre verhouding met die regspersoon staan. Dit impliseer dat die trustees eerlik en in goeie trou teenoor die regspersoon moet optree.

Die trustees is verplig om enige materiële of wesenlike botsing van belange tussen hul belange en dié van die regspersoon te vermy.

Die trustees oefen hul pligte uit onderhewig aan die bepalings van die wet, die reëls en enige beperkings opgelê deur eienaars by ’n algemene vergadering van die regspersoon.

Reël 9 van die voorgestelde bestuursreëls soos vervat in die Deeltitelskemabestuursregulasies van 2018 bepaal die trustees se take is:

  • Om te vergader om die regspersoon se sake uit te voer soos hulle goeddink onderhewig aan die wet, die reëls en die gemenereg;
  • Om die regspersoon se bevoegdhede en funksies uit te oefen wat ooreenkomstig art. 7(1) van die DSBW aan hulle opgelê is, volgens resolusies/besluite geneem op algemene vergaderings van die lede en vergaderings van die trustees;
  • Om die regspersoon se geld aan te wend ooreenkomstig die begroting goedgekeur deur die lede in die algemene vergadering;
  • Om agente of werknemers aan te stel op grond van ’n getekende skriftelike kontrak soos bepaal in art. 4(a) van die DSBW;
  • Om notules van elke trustee en algemene vergadering ooreenkomstig Reël 27(2)(a) op te stel en om hierdie notules so gou moontlik, of binne sewe dae ná die datum van die vergadering, te versprei onder die mense wat daarop geregtig is om kennis van die vergadering te kry.

Reël 10 tot die voorgestelde bestuursreëls bepaal dat geen dokumente wat namens die regspersoon geteken is, geldig en bindend is tensy dit geteken is ooreenkomstig ’n resolusie/besluit deur:

  • Twee trustees of die bestuursagent in gevalle waar ’n uitklaringsertifikaat deur die regspersoon uitgereik is volgens art. 15 van die Deeltitelwet; en
  • Twee trustees of een trustee en die bestuursagent in gevalle van enige ander dokument.
Ferdi Verryn

Dit is egter belangrik om daarop te let dat Reël 10(2) bepaal dat ’n resolusie/besluit aanvaar of enige ander handeling geneem deur ’n trustee geldig en afdwingbaar bly al sou dit later blyk dat daar ’n defek was in die aanstelling van gemelde trustee of as daar enige diskwalifikasie was van so ’n trustee.

As die tweede liggaam, naas die algemene vergadering van die lede van ’n regspersoon, speel die trustees ’n baie belangrike rol in die daaglikse werksaamhede van ’n regspersoon.

Dit is vir die trustees relatief vinnig en eenvoudig om trusteevergaderings te belê ten einde spoedige besluite te neem rakende die bestuur van ’n deeltitelskema.

Meer oor:  Ferdi Verryn  |  Huisverkoop  |  Eiendomme  |  Huiskoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.