Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Dié sneller groei van korte duur

Nominale huisprysgroei het in Junie versnel, maar in reële terme (aangepas vir inflasie) daal huispryse steeds.

First National Bank (FNB) se huisprysindeks het in Junie groei van 4,1% op ’n jaargrondslag getoon, beter as die hersiene groei van 3,9% op ’n jaargrondslag die vorige maand. Dit is die vierde opeenvolgende maand wat nominale huisprysgroei versnel het, maar FNB verwag dat dit van korte duur gaan wees.

Reële huispryse het in Mei met 0,5% op ’n jaargrondslag gedaal.

John Loos, verbruiker- en eiendomstrateeg by FNB, sê die effense vinniger groei in huispryse vanjaar is die sloereffek van die kortstondige verbetering in sentiment vroeg in 2018, ná die politieke leierskapsveranderings.

Die polities gedrewe styging in sentiment, oftewel Ramaforie, het nie lank gehou nie en in die tweede kwartaal van vanjaar was sentiment weer in ’n windstilte.

Hy sê Suid-Afrikaanse huishoudings gaan gebuk onder die stagnante ekonomie en lewenskoste wat skerp klim as gevolg van brandstofprysstygings en belastingverhogings.

Die tekens is reeds daar dat die huismark weer onder druk is. Huise het in die tweede kwartaal van vanjaar langer in die mark gebly en dit het tot 16 weke en vier dae geduur om ’n huis te verkoop, teenoor 14 weke en een dag in die eerste kwartaal. Ook het die persentasie verkopers wat hul prys moes verlaag om te verkoop in die tweede kwartaal van vanjaar tot 96% gestyg van 91% in die eerste kwartaal.

Loos sê die tekens is daar dat die gemiddelde huisprysgroei vir 2018 stadiger gaan wees as die gemiddelde groei in 2017. Die gemiddelde huisprysgroei vir 2017 was 4,2% en hy verwag dat dit in 2018 tussen 3% en 4% gaan wees.

Meer oor:  Huisprysgroei  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.