Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Dié stede duurste om in te gaan woon en werk

As jy gedink het dis duur om in Kaapstad of selfs Johannesburg te woon, wees bly jy beplan nie om nes te skop in Hongkong nie.

Hongkong is steeds die duurste stad ter wêreld om in te gaan woon en werk. Foto: Unsplash

Dié Asiatiese stad is weer as die duurste stad op aarde aangewys vir buitelanders om in te gaan woon.

Die konsultasiefirma Mercer het pas sy jaarlikse ranglys van duurste wêreldstede vir ekspats uitgereik.

Die ranglys word bepaal deur te kyk na hoeveel dit vir ’n buitelander sal kos om ’n woning in die betrokke stad te huur, hoe sterk die plaaslike geldeenheid is, die jongste inflasiekoers en die prys van goedere en dienste.

Daarvolgens bly Hongkong die duurste stad ter wêreld, gevolg deur Asjgabat, die hoofstad van Toerkmenistan.

Die impak van die Covid-19-pandemie, ingesluit die koste en moeilikheidsgraad om by die betrokke stad uit te kom, is by Mercer se berekeninge ingesluit.

“Geslote grense, vlugonderbrekings, verpligte inperking en ander kortstondige onderbrekings het nie net die koste van goedere en dienste beïnvloed nie, maar ook die lewensgehalte,” sê Ilya Bonic, hoof van strategie by Mercer.

Dié onderneming adviseer graag maatskappye wat na ander grondgebiede wil uitbrei oor wat dit sal kos om werknemers in ’n ander land te gaan vestig.

“Die pandemie herinner ons dat dit ’n duur en moeilike taak is om werknemers na internasionale bestemmings te stuur.”

stede

  

SA stede

Suid-Afrikaanse stede pryk betreklik laag op 2020 se lys van 209 stede.

  • Kaapstad is tans 187ste, sewe posies laer as in 2019. (Dit beteken Kaapstad word nou as goedkoper beskou as verlede jaar relatief tot ander wêreldstede.)
  • Johannesburg het eweneens teruggesak van die 185ste posisie in 2019 tot 192ste op vanjaar se lys.

  

Nog hoogtepunte

  • Switserland het drie stede in die toptien, naamlik Zürich (vierde), Bern (agtste) en Genève (negende).
  • New York, een van die bekendste peperduur stede in die wêreld, is vanjaar sesde op die lys, drie plekke hoër as ’n jaar gelede.
  • Die duurste stad in Afrika is N’Djamena, die hoofstad van Tjad (15de).
  • Victoria, die hoofstad van die Seychelle en tegnies ook deel van Afrika, is in die 14de posisie.
  • Londen is 19de op die lys terwyl Moskou (21ste), Dubai (23ste) en Kinshasa (24ste) ook onder die top-25 tel.
  • Van die stede wat laer af op die lys verskyn as Kaapstad en Johannesburg, is La Paz (193ste), die hoofstad van Bolivië, Gaborone (199ste), die hoofstad van Botswana, Tbilisi (203de), die hoofstad van Georgië, en Windhoek (208ste), die hoofstad van Namibië. Dit maak Windhoek dus een van die goedkoopste wêreldstede om in te gaan woon en werk.
  • Net Tunis, die hoofstad van Tunisië, word as goedkoper beskou.
Meer oor:  Hongkong  |  Kaapstad  |  New York  |  Toerisme  |  Verblyf  |  Ekspats
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.