Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Dié wenke help jou agent kies

As jy besluit om jou eiendom uit te verhuur, is dit belangrik om die hulp van ’n goeie agent te kry ten einde die regte huurder te keur én die huurkontrak te bestuur.

Dit is egter net so belangrik om die regte agent te kies om te verseker dat jou huureiendom reg bestuur word.

Dit is belangrik om die regte agent te kies om te verseker dat jou huureiendom reg bestuur word. Foto: iSTOCK

PayProp, die grootste verwerker van huurtransaksies in die land, het ’n lys met vyf wenke vir huiseienaars opgestel wat in ag geneem kan word wanneer hulle ’n eiendomsagent moet kies:

Ware Jakob

Maak net van werklike, geakkrediteerde eiendomsagente gebruik. Dit klink dalk voor die hand liggend, maar alle eiendomsagente moet by die Suid-Afrikaanse Raad vir Eiendomsagente geregistreer wees en oor ’n geldige getrouheidsertifikaat (Fidelity Fund Certificate) beskik.

Op skrif

Huiseienaars kan dalk in die versoeking kom om die agentskap oor die telefoon die nodige opdrag te gee oor wat met hul eiendom gedoen moet word.

Dit is egter ’n groot risiko vir ’n huiseienaar as die mandaat nie op skrif is nie.

Dit is belangrik om ’n dokument te hê wat presies uiteensit wat die agentskap moet doen, en waarvoor jy moet betaal.

Verstaan jy die stelsels?

Finansiële bestuur is een van die belangrikste komponente van die bestuur van ’n huureiendom.

Dit is belangrik vir ’n huiseienaar om te verstaan watter stelsels die agentskap gebruik om jou eiendom te bestuur.

As jou agent ’n kombinasie van plaknotapapiertjies en sigblaaie gebruik om die geldsake van jou huureiendom te bestuur, lê daar dalk ’n frustrerende tyd vir jou voor.

Inspeksies, inspeksies

Vra vir ’n afdruk van die deurlopende inspeksieverslae van jou eiendom. As die agent nie so ’n verslag opgestel het nie, kan die eienaar nie van die huurder eis vir enige skade wat aan die eiendom aangerig is nie.

Daar is dus geen grondslag oor die toestand van die eiendom van waar jy kan werk nie.

Verseker egter dat die agent so ’n verslag van jou eiendom opstel nog voordat die huurder toegang tot die eiendom kry.

Kredietbeheer

Hoewel die huurder die reg het om te besluit dat die eienaar, as ’n derde party, nie die uitslae van sy of haar kredietprofiel mag sien nie, mag die eienaar sy eiendomsagentskap vra om dit na te gaan en te bevestig of dit ’n goeie huurder is of nie.

Vra vooraf watter beleid die agentskap volg – en moenie ’n huurkontrak met ’n huurder onderteken voordat jy seker is dat die persoon goed nagegaan en daar ordentlike keuring gedoen is nie.

Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.