Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Dít alles blaas verkope op Sitari aan

Die rekordverkope van eiendom op die Helderbergse leefstyllandgoed Sitari Country Estate duur voort.

’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n huis in The Residences, ’n nuwe residensiële ontwikkeling op die Sitari-landgoed buite Somerset-Wes.

Volgens Claudius Combrinck, uitvoerende direkteur van Uvest Property Sales, is nagenoeg 900 eiendomstransaksies in die laaste 47 maande op dié landgoed beklink. Die waarde van dié verkope word op sowat R1,2 miljard geraam.

“Sitari groei vinnig en dit word in die sterk verkope weerspieël. Daar word nou ’n gemiddelde van 19 eiendomstransaksies per maand op die landgoed beklink,” sê Combrinck in ’n verklaring.

“Daarbenewens het ons nagenoeg 3 000 kontrakteurs wat daagliks op die landgoed werk, terwyl agt verskillende woonstelkomplekse en meer as 80 woonhuise tans op die Sitari-landgoed in aanbou is. Sowat 700 mense woon tans in onderskeidelik 142 huise en 177 deeltiteleenhede op die landgoed,” sê Combrinck.

Die Sitari-landgoed, buite Somerset-Wes, beslaan altesaam 192 ha en word deur die Uvest Property Group teen ’n projekwaarde van R4 miljard ontwikkel.

Die landgoedontwikkeling is in 2014 bekend gestel.

Volgens Combrinck is Curro Sitari, die gevestigde private skool wat op die landgoed geopen is, ’n groot trekpleister vir kopers.

Die gerieflike winkelsentrum van 12 500 m² wat na verwagting later aanstaande jaar op die landgoed geopen gaan word, behoort ook hiertoe by te dra.

Sowat 700 mense woon tans in onderskeidelik 142 huise en 177 deeltiteleenhede op die landgoed.

Verskeidenheid suksesfaktor

Combrinck meen nóg ’n bydraende faktor tot Sitari se goeie verkope is die feit dat die eiendomsportefeulje wat jy daar teëkom, voldoen aan die behoeftes van ’n wye verskeidenheid kopers, beleggers en voornemende inwoners.

Daar is tans ses woonstelkomplekse waarin belê kan word en kopers het ’n keuse tussen ’n luukse of premium-woonstel.

“Al die woonstelle het van die beste afwerkings en dit sluit toebehore van onderskeidelik Miele of Smeg in. Die gehalte van die ontwerp en die spesifikasies van die woonstelle op Sitari is iets wat kopers nog nie vantevore in die Helderberg teëgekom het nie, en dit bied ook uitstekende waarde vir geld.”

Die huise op Sitari is almal vrystaande woonplekke wat gewoonlik as ’n gebruiksgereed-pakket verkoop word. Kopers kan kies om in ’n dorpshuis of ’n landelike huis te belê.

Voornemende kopers kan ’n ten volle gemeubileerde skouhuis in The Residences op Sitari gaan besigtig. Foto: Verskaf

Nuwe koopgeleentheid

Die nuwe residensiële ontwikkeling op Sitari, The Residences, bied kopers ’n keuse tussen ses verskillende style waarvolgens hul huise gebou kan word. Die top-ses- begeerlikste huisplanne op Sitari is uitgesoek, nóg verder verfyn en van die beste afwerkings is bygesit ten einde dit aan The Residences se kopers te bied.

Die huise in die ontwikkeling word as ’n plot-en-plan-pakket verkoop en kopers sal uit meer as 50 erwe op die landgoed kan kies.

Die argiteksfirma BPAS Architects het die ses pakkette vir The Residences ontwerp, terwyl die konstruksiemaatskappy Brick ’n Board aangewys is om die bouwerk te behartig.

Die verkoopspryse van dié huise begin by R3,14 miljoen. In The Residences is ’n skouhuis wat ten volle gemeubileer is wat belangstellendes kan gaan besigtig.

  • Jou kontak: Bel Shaun Harris by 082 956 0599 of skakel die verkoopskantoor by 021 201 7337 vir nader besonderhede oor koopgeleenthede in Sitari. Belangstellendes kan ook ’n e-pos stuur na sales@sitari.co.za of besoek die webwerf by www.sitari.co.za.
Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.