Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Dís glo die plan om in eiendom ‘vir Afrikaans’ te belê
Dr. Dirk Hermann Foto: Deaan Vivier

Die vakbond Solidariteit het Donderdag aangekondig dat hy oor die volgende vyf jaar sowat R4,5 miljard in ’n netwerk wil belê wat Afrikaans sal bevorder.

Deel hiervan gaan fokus om eiendomme te ontwikkel wat spesifiek gebruik sal word om Afrikaanse ondernemings, skole en universiteite te huisves.

Dr. Dirk Herman, bestuurshoof van Solidariteit, sê om dié deel van sy plan te laat realiseer het die vakbond besluit om deur die Solidariteit Beleggingsmaatskappy die Solidariteit Eiendomsmaatskappy in ’n kapitaal-beleggingsinstrument te omskep wat ook verantwoordelikheid neem vir die ontwikkeling en bestuur van eiendom. Die nuwe maatskappy se naam is Kanton.

Henk Schalekamp, voorsitter van die Solidariteit Beleggingsmaatskappy wat binnekort aan die hoof van Kanton gaan staan, sê dié maatskappy gaan eers op sy algehele doel fokus – om eiendomme te ontwikkel deur finansiering daarvoor te bekom en dit dan uit te huur.

“Ons fokus eerste op die beleggingsaspek daarvan. Die tweede aspek is wel dat beleggers op dié manier die bevordering van Afrikaans sal steun,” sê hy.

Schalekamp sê hoewel Solidariteit, en spesifiek sy Sol-Tech kollege en Akademia van sy groot kliënte gaan wees, gaan Kanton nie nét op eiendom vir die vakbond fokus nie.

“Ons wil dit mettertyd moontlik maak dat enige gemeenskap in die land ons kan nader om te help om eiendom te ontwikkel wat hulle dan teen ’n markverwante koers by ons huur. Of dit nou ’n skool of selfs ’n plaas is, daar is baie moontlikhede.”

Op die vraag oor of die feit dat die eiendomme eksklusief vir die gebruik van Afrikaanse ondernemings gereserveer gaan word nie beleggers sal afskrik nie, sê Schalekamp hy is nie daaroor bekommerd nie.

“Beleggers wil ’n goeie opbrengs op hul belegging kry, ongeag die taal wat binne die eiendom gebruik gaan word.

“Ons is seker dat ons goeie huurders sal kry. Ons kan ons beleggers verseker hulle sal nie net opbrengste kry nie, maar ook dividende.”

Schalekamp sê hy kan tans nie veel meer inligting oor die maatskappy bekend maak nie aangesien daar planne is om Kanton binne die volgende 12 tot 24 maande te noteer.

Hy wou geen verdere besonderhede oor die moontlike notering gee nie.

Meer oor:  Solidariteit  |  Dirk Hermann  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.