Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Drie stigterslede van gilde groet

Die 34ste Nedbank Kaapse Wynmakersgilde-veiling wat op Saterdag, 29 September 2018 by Spier in Stellenbosch plaasvind, gaan drie stigterslede van die gilde groet.

Dit sal die laaste keer wees wat Etienne le Riche, Jan Boland Coetzee en Kevin Arnold aan die veiling deelneem.

Van links na regs is Jan Boland Coetzee, Kevin Arnold en Etienne le Riche.

Die jaarlikse skouspel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf spog met ’n gekeurde versameling van skaars wyne, wat spesiaal vir die veiling geskep is deur lede van die Kaapse wynmakersgilde.

Innovasie, vakmanskap en volhoubare gehalte staan uit as die waarmerk van die veiling.

Die afgelope 34 jaar kon Le Riche, Coetzee en Arnold eerstehands ervaar hoe die veiling groei van ’n nisgeleentheid tot die maatstaf van Suid-Afrikaanse wynmaak-vernuf.

Die gilde is in 1982 deur ’n handjievol jong wynmakers gevestig.

Hul doelwit was om kennis en hulpbronne te deel en die eerste veiling het in 1985 plaasgevind.

“Die veiling was vir my ’n samebindende beweging om as ’n groep ’n verskil te maak, om blootstelling aan wynmakers te gee wat in isolasie werk en om terselfdertyd internasionale erkenning vir die gehalte van Suid-Afrikaanse wyne en ons land se wynmakers te kry,” sê Le Riche.

Oor die afgelope vier dekades het Suid-Afrika in alle aspekte deur baie veranderings gegaan en die gilde het die voortou geneem in baie van die fasette in die wynbedryf.

Coetzee, mede-stigterslid, stem saam: “Die opinies van die individue wat die lede van die gilde uitmaak, is die mees verfrissende manier om ons idees uit te daag terwyl ons op ’n sensoriese reis gaan met elke wynproe én ’n ondersteuningsnetwerk opbou.”

Arnold beskryf sy reis as stigterslid van die Kaapse wynmakersgilde as besielend, belonend en uitdagend:

“Oor die afgelope vier dekades het Suid-Afrika in alle aspekte deur baie veranderings gegaan en die gilde het die voortou geneem in baie van die fasette in die wynbedryf.”

Elk van die legendes het ’n wyn wat by vanjaar se veiling in Stellenbosch opgeveil sal word.

  • Wynkenners sal die geleentheid hê om op Etienne le Riche Cabernet Sauvignon Auction Reserve 2015, gemaak uit ’n enkele wingerdblok uit die Helderberg omgewing, te bie.
  • Jan Boland Coetzee se Vriesenhof Vineyards Swanesang Pinot Noir 2015 sal in 1,5 liter magnumbottels, verpak in pragtige houtkiste, opgeveil word.
  • Kevin Arnold se laaste veilingwyn is die Waterford Estate 1988 Kept Aside Chardonnay 2017, ’n belowende wyn wat natuurlike fermentasie in die vat ondergaan het.

Die drie wyne vorm deel van die 2018 veilingversameling van 48 besonderse wyne bestaande uit 31 rooiwyne, 14 witwyne, twee Méthode Cap Classique-wyne en een port-styl wyn.

Die 34ste Nedbank Kaapse Wynmakersgilde-veiling word vir die 21ste agtereenvolgende jaar deur Henré Hablutzel van Hofmeyr Mills-afslaers aangebied.

  • Besoek www.capewinemakersguild.com of skakel die gildekantoor by 021 852 0408 vir meer inligting.
Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.