Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Dupleksverblyf te kry

Diegene wat belangstel in ’n eiendom aan die kus, moet nie Phil Minnaar Afslaers se veiling op Saterdag 23 Maart misloop nie. Drie gemeubileerde duplekseenhede in die Serena-kompleks in Foreststraat in die gewilde Margate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, kom dan onder die hamer.

Drie gemeubileerde dupleks-eenhede in die Serena-kompleks in Margate is te koop.

Dié eenhede wat loopafstand vanaf die strand is, bestaan elk uit drie slaapkamers, twee badkamers, ’n balkon, ’n oopplan-kombuis, ’n sitkamer, ’n eetkamer, ’n privaat tuin met ’n braaiplek en genoegsame onderdakparkeerplek.

Die veiling word op 23 Maart om 12:00 op die perseel gehou. Die eenhede sal afsonderlik en gesamentlik aangebied word.

Om die eiendomme te besigtig, kontak Hennie Koekemoer by 082 562 4581 of Bettie Koekemoer by 082 771 2127. Navrae: Dick Pienaar by 082 558 5305 of Pierre Vermeulen 082 773 0380.

Meer oor:  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.