Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Eiendom in Bronkhorstbaai te kry

Eiendomsbeleggers kry volgende week die geleentheid om tenderaanbiedings te maak op verskeie eiendomme in die Kungwini Country Estate in Bronkhorstbaai.

Dié tenderproses word deur Van’s Auctioneers behartig.

Die eiendom genaamd Die Solarium in die Kungwini Country Estate in Bronkhorstbaai, wat per tender deur Van’s Auctioneers te koop aangebied word.

Eerste aan die beurt is ’n bakeneiendom genaamd Die Solarium. Die besonderse eiendom van ’n raps meer as 1 ha in grootte het ’n ontvangsarea, ’n binnenshuise en buite-swembad, ’n winkelarea, kleedkamers en buitegebiede waar dagbesoekers kan ontspan.

’n Erf van net meer as 2 ha in grootte, wat geoormerk is vir ’n sake-ontwikkeling, is ook beskikbaar. Die eiendom in Matroosbergstraat is geskik vir kleinhandeleiendom, vertoonkamers,’n werkswinkel en selfs ’n vulstasie.

Laastens is daar tien residensiële erwe in die gebied wat as The Ranch bekend staan beskikbaar. Die erwe is gereed vir bouwerk.

Die tenders open op 13 September om 12:00 by die kantore van Tim du Toit Attorneys op die hoek van Rodericks­weg en Sussexlaan in Lynnwood in Pretoria.

Belangstellende kopers kan vansauctions.co.za of sy Facebook-blad besoek of Van’s Auctioneers bel by 086 111 8267.

Meer oor:  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.