Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Eiendomme met inkomste opgeveil

Ubique Afslaers bied volgende week ’n veiling aan van twee pragtige eiendomme in Potchefstroom wat teenaan die N12, oorkant die tegniese kollege, geleë is.

’n Lugfoto van die twee aangrensende eiendomme in ’n puik ligging in Potchefstroom teenaan die N12, wat U­bique Afslaers op 6 Maart gaan opveil.

Die eiendomme in ’n puik ligging is aangrensend en het uitstekende verbeterings. Die een eiendom is 1,2 ha groot en verbeter met twee woonhuise, ’n woonstel, ’n kantoorgebou en store.

Die ander eiendom is 1,5 ha groot en verbeter met ’n woonhuis en motorhuise. Die eiendomme word tans verhuur en lewer ’n goeie huurinkomste.

Benewens die huurinkomste bied die eiendomme gulde ontwikkelingsmoontlikhede.

Die veiling word op 6 Maart 2019 om 10:00 te hoewe 1021, Vyfhoek, gehou. Besigtiging vind per afspraak of ’n uur voor die veiling plaas. Die eiendomme sal gesamentlik en afsonderlik te koop aangebied word.

Vir meer besonderhede skakel vir Rudi Müller by 082 490 7686 of besoek die webtuiste by www.ubique.co.za.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.