Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Eiendomsfonds vrees 3de vlaag

Die Rebosis-eiendomsfonds, eienaar van onder meer die Baywest-winkelsentrum in Gqeberha (Port Elizabeth), het die afgelope halfjaar tot einde Februarie ’n verlies van R71 miljoen gely.

Baywest
Die Baywest Mall in Gqeberha (Port Elizabeth) is een van die Rebosis-eiendomsfonds se kleinhandelseiendomme.

Dit is teenoor ’n verspreibare inkomste van R22 miljoen ’n jaar gelede.

Rebosis het in die halfjaar R14,3 miljoen se huurverligting aan huurders gegee weens die Covid-19-inperkings se invloed op hul bedrywighede, met veral klein huurders in die vermaak-, kos- en dranksektor wat gehelp is. Die huurverligting is minder as wat hy verwag het om te gee en Rebosis verwag dit sal al hoe minder raak – tensy ’n derde vlaag van die Covid-19-pandemie plaasvind wat tot verdere inperkings kan lei.

Rebosis, wat ook die Hemingways Mall in Oos-Londen besit asook ’n reeks kantoorgeboue, het besluit om nie nou ’n tussentydse kontantdividend te verklaar nie.

Rebosis skryf sy verlies aan ’n uitgestelde betalingsverpligting van R175 miljoen toe, asook rente op grond wat voorheen van die Billion Group gekoop is wat in die inkomstestaat weerspieël is.

Sy rente op gesekureerde lenings het wel afgeneem danksy laer rentekoerse.

Hy werk ook nog aan ’n transaksie met plaaslike en buitelandse finansiers om sy skuldposisie te verbeter en sy balansstaat beter te bestuur. Die voorgestelde transaksie moet nog deur die nodige regulatoriese goedkeurings gaan en ’n noulettendheidstudie moet gedoen word.

Rebosis het laat weet sy aandele verhandel nog onder ’n omsigtigheidsverklaring weens die beoogde transaksie.

Die fonds verwag sy kantoorportefeulje sal help om die risiko in sy kleinhandelsportefeulje te versag.

Rebosis se 35 kantooreiendomme wat hy aan staatsdepartemente uitverhuur, verteenwoordig 54% van sy totale bates van sowat R13,7 miljard. Sy vyf winkelsentrums verteenwoordig 45% en dan besit hy ook ’n nywerheidseiendom wat 1% verteenwoordig.

Rebosis het in 2011 op die JSE genoteer as die eerste swartbestuurde eiendomsfonds op die beurs. Sy eiendomme is in Gauteng, Oos-Kaap, Wes-Kaap, Noordwes en KwaZulu-Natal.

Meer oor:  Kleinhandeleiendom  |  Eiendom  |  Winkelsentrums
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.