Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Integriteit nodig in eiendomsbedryf

Bestaan integriteit in die eiendomsmark? Weet agente wat die woord beteken? En die breë publiek – oordeel julle ’n eiendomsagent onnodig?

Integriteit moet nie net in jou private lewe bestaan nie, dit moet ook in jou professionele lewe uitgeleef word.

Maar wat beteken integriteit?

Integriteit moet die wagwoord wees vir eiendomspraktisyns.Foto: iSTOCK

Dit is hoe jy leef, hoe jy optree, veral ook wanneer niemand jou sien nie, om getrou te wees aan dit wat jy glo en om opreg en bedagsaam te wees in jou handel en wandel.

Die eiendomsbedryf is al male sonder tal in die steek gelaat deur agente en agentskappe – in so ’n mate dat Jan Publiek glo dat ’n eiendomsagent eenvoudig net nie betroubaar is nie. Meer nog, hulle is nie eerbaar nie en net daarop uit om gou ’n paar duisend rand uit jou uit te maak!

Graag wil ek vandag ’n lansie breek vir die vele agentskappe en veral agente (oftewel professionele eiendomspraktisyns) soos Isabel Jacobs Eiendomme, wat eerbaar, opreg en met verantwoordelikheid elke eiendomstransaksie benader.

Die afgelope aantal jare bedryf ons die koop, verkoop, huur en verhuring van eiendomme met minder as 1% verlies vir enige van ons kliënte. En dit is alles te danke aan die integriteit van ons prinsipaal, ons kantoorpersoneel en my kollegas.

Isabel Jacobs Eiendomme wil graag vir jou, die leser, die teendeel bewys. Ons eiendomspraktisyns bring gesamentlik 30 jaar se eiendomsondervinding na die tafel.

Elke transaksie word met integriteit aanvaar, onderteken, voltooi en deurgesien. In belang van ons kliënte samel ons die nodige inligting in om te verseker dat ons met die wettige eienaars van die eiendom te doen het.

Voorts maak ons seker dat die kopers of huurders voldoen aan die nodige vereistes wat betref bekostigbaarheid, hetsy of dit vir ’n koop- of ’n huurtransaksie is.

Sodra sowel die koper as verkoper saamstem tot sodanige transaksie, word dié gemaklike, bekostigbare transaksie met groot omsigtigheid deur die verkose prokureur gereël.

Ons verseker dat pryse markverwant is en ons onderhandel graag met al die belanghebbendes sodat die transaksie uiteindelik ’n wen-wen-situasie vir almal is.

Vir die koper wat net eenvoudig nie al die geld bymekaar kan skraap om ’n huis te koop waarop hy en sy gesin hul hart verloor het nie, het ons ’n plan! Isabel Jacobs Eiendomme help graag deur hulle bekend te stel aan ’n huur-kooptransaksie.

Sodra sowel die koper as verkoper saamstem tot sodanige transaksie, word dié gemaklike, bekostigbare transaksie met groot omsigtigheid deur die verkose prokureur gereël.

Weer eens verseker ons dat die transaksie ’n wen-wen-situasie vir almal is.

Só tree ons met integriteit op om te verseker dat ons uitstekende diens aan al ons kliënte lewer. By Isabel Jacobs Eiendomme glo ons wat mense sê en dink van jou as die prinsipaal, die agent of die agentskap hang alles af van jou eie doen en late.

Aggie Jordaan

Integriteit behels meer as om net eerlik te wees. Geen agent wat sy of haar sout werd is, sal sy of haar integriteit op die spel plaas ter wille van kommissie nie. Wees eenvoudig net eerlik teenoor jou kliënt, tree opreg op in hul belang en jou kommissie sal vanself beskerm wees. Dit is integriteit!

Kyk uit vir agentskappe wat eerlik, opreg en onpartydig optree. Jy wil met sodanige agentskappe sake doen. En al is die uiteindelike transaksie dalk nie suksesvol nie, kan jy verseker wees dat elke kontrak wel met eerlikheid en regverdigheid oorweeg en gesluit word.

Integriteit is ook die element wat maak dat kliënte oor en oor terugkom na die eiendomsagentskap en ook na die betrokke eiendomspraktisyn. Vertroue kan nie gekoop word nie, dit word verdien deur ware integriteit aan die dag te lê.

Dus is my raad aan u vandag: Onderhandel met ’n eiendomsagentskap wat bekend is vir sy hoë standaarde en werklike integriteit en ingesteldheid vir uitstekende dienslewering.

By Isabel Jacobs Eiendomme kan jy verseker wees van integriteit deur eerlike en opregte diens.

  • Aggie Jordaan is ’n eiendomspraktisyn by Isabel Jacobs Eiendomme. Vir meer inligting kontak haar gerus by aggie@ijprop.co.za.
Meer oor:  Huiskoop  |  Huisverkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.