Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ekspo vir beleggings weer gehou

Eerstehuiskopers en ander eiendomsbeleggers sal eersdaags op die Property Buyer Show in Kaapstad weer die kans kry om waardevolle kennis op te doen.

Dit is die derde jaar wat dié eiendomsekspo gehou word.

Dit word deur Private Property aangebied en sal op 6 en 7 April in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum plaasvind. Die ekspo is gemik op enigiemand wat graag hul eerste huis wil koop of daarin belangstel om hul eiendomsportefeulje uit te brei.

’n Verskeidenheid van rolspelers in die eiendomsbedryf sal twee dae lank onder een dak byeenkom. Die program sluit in interessante praatjies en aanbiedings deur bedryfskenners wat in twee spesiale teaters aangebied word.

Die rolspelers wat teenwoordig sal wees, sluit in van banke, eiendomsagente, ontwikkelaars, aktebesorgers en verteenwoordigers van al die ander bykomende dienste wat jy in die eiendomsbedryf sal aantref.

Die ekspo word só uitgelê dat dit besoekers deur die hele huiskoopproses neem. Dit sluit in ’n tentoonstelling van die jongste ontwikkelings in die Wes-Kaap, sowel as ’n geleentheid om regstreeks met toonaangewende eiendomsagentskappe en ander diensverskaffers te skakel.

Benewens nuwe ontwikkelings, sal huur­eiendomme, primêre wonings, studentebehuising en bekostigbare behuising ook bespreek en ten toon gestel word. Wat moet jy weet?

Die kaartjies vir die Property Buyer Show is R80 per persoon. Ekspogangers kry dan toegang tot al die aanbiedinge in die twee teaters, en sal ook die meer as 60 uitstallings op die ekspo kan besigtig.

Kaartjies is by www.quicket.co.za te koop, maar dit sal ook op die dae van die ekspo by die deur verkoop word. Die ekspo is daagliks vanaf 09:00 tot 17:00. Besoek www.propertybuyershow.com vir meer inligting.

Meer oor:  Ekspo  |  Beleggers  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.