Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
EPP skitter met uitkering van 12%

EPP, Pole se grootste kleinhandeleiendomseienaar en die enigste maatskappy op die JSE wat beleggers 100%-blootstelling aan Pole gee, het Vrydag 7 September ’n uitkering van 5,82 eurosent per aandeel verklaar vir die ses maande tot einde Junie.

’n Kunstenaarsvoorstelling van Galeria Mlociny, EPP se vlagskip-winkelsentrumontwikkeling wat in Warskou, Pole, in aanbou is. 87% van die sentrum is reeds verhuur.

Dit kom neer op uitkeringsgroei van 12% vergeleke met die vorige ooreenstemmende tydperk.

Die uitkeerbare verdienste het met 32% toegeneem tot 48,3 miljoen en die netto eiendomsinkomste het met 45% tot 66,2 miljoen toegeneem.

“Die groep het sterk groei in die ses maande behaal en die vooruitsig lyk goed, aangedryf deur sterk onderliggende beginsels,” sê Keillen Ndlovu, hoof van Stanlib se genoteerde eiendomsfondse.

Ndlovu sê die Poolse ekonomie vind groot baat by Duitsland, ’n buurland.

Hadley Dean, uitvoerende hoof van EPP, sê die sterk resultate is behaal ondanks ’n verbod om op Sondae handel te dryf wat sedert Maart vanjaar vir twee Sondae per maand ingestel is. “Die kleinhandelsektor in Pole word aangedryf deur ’n groeiende middelklas en sterk makro-ekonomiese toestande.”

EPP het in die oorsigtyd sy blootstelling aan kleinhandeleiendom tot 85% verhoog van 74% vantevore.

Sy huidige portefeulje bestaan uit 19 kleinhandeleiendomme, ses kantoorgeboue en twee ontwikkelingspersele in Warskou. Die portefeulje bied ’n totaal van 835 000 m² in Pole se twintig grootste stede.

Die Galeria Mlociny, EPP se vlagskip-ontwikkeling in Warskou, is tans in aanbou op een van die ontwikkelingspersele. Dit is op koers om in die Poolse lente van 2019 te open en reeds 87% vol verhuur. Benewens ’n notering op die JSE, is EPP ook op die Euro MTF-mark van die Luxemburgse Beurs genoteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.