Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Finansier groei deur bates op te veil
Roy Lazarus, uitvoerende hoof van PVA.

Dit is onnodig om uitbreidingsplanne slegs deur tradisionele finansieringsmetodes soos banklenings te finansier, sê Roy Lazarus, uitvoerende hoof van Park Village Auctions (PVA).

Hy sê in baie gevalle kan ’n gedeelte of al die finansiering wat benodig word, deur die verkoop van ongebruikte toerusting, voertuie, meubels en eiendomme verkry word.

“Veilings is waarskynlik die beste manier om items vinnig, veilig en moeitevry van die hand te sit.”

PVA help maatskappye al vir jare om op dié manier kapitaal te verkry, sê hy. Hy bestempel dit as ’n verstandige metode om finansiering te verkry.

Die groep se dienste in die verband sluit in inventaris-valuasies, asook advies oor die herstrukturering van inventarisse en ander belangrike kwessies.

Meer oor:  Park Village Auctions (Pva)  |  Finansiering  |  Veilings  |  Bates
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.