Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Gaan slim te werk met jou huisopknapping
Huisopknappings bly 'n groot deel van huis verkoop. Foto: Pixabay

Die grootste doelstelling vir enige verkoper is om die beste moontlike verkoopsprys vir die eiendom te kry – dit maak nie saak wie jy is of waarom jy jou huis verkoop nie.

Dit is ook daarom dat heelwat verkopers dikwels baie geld en tyd bestee aan huis­opknappings in die hoop dat dit die eiendom se waarde sal opstoot.

“Verkopers is nie verkeerd as hulle dink dat opknappings die verkoopsprys van hul huis gaan verhoog nie, maar dit hang regtig af van wat hierdie opknappings alles behels,” verduidelik Bruce Swain, besturende direkteur van die Leapfrog Property Group, in ’n verklaring.

Dit klink dalk na ’n wonderlike idee om ’n ultramoderne gimnasium in jou huis in te rig of ’n tuisteaterstelsel te laat installeer, maar dit sal die verkoper nie noodwendig ’n hoër verkoopsprys verseker nie, voer Swain aan.

“As jy jou huis wil opknap net ter wille van die herverkoop, en nie vir persoonlike genot nie, is verkopers beter daaraan toe om slegs algemene verbeteringe aan die huis te oorweeg.”

Hier is van Swain se voorstelle:

Kombuis en badkamers is belangrik

Volgens Swain is die kombuis en badkamers die eerste goed waarna kopers kyk as hulle ’n huis wil koop omdat dit die twee duurste vertrekke in ’n woning is om op te knap. Oorweeg nuwe toebehore en verf die mure – verkieslik in ’n neutrale kleur.

“Die truuk is om altyd te onthou dat kopers nie ’n skouhuis besoek om te sien hoe die eienaars daarin leef nie, maar eerder om hulself daarin te visualiseer.

Die kanse is goed dat voornemende kopers eerder ’n ander huis sal oorweeg as die meubels oud en vaal en die mure met skel kleure geverf is.

“Die kanse is goed dat voornemende kopers eerder ’n ander huis sal oorweeg as die meubels oud en vaal en die mure met skel kleure geverf is.”

Groen, groener, groenste

Sonpanele en gryswaterstelsels klink dalk nie soos die aanloklikste opknappings nie en dit kan jou ’n paar rand uit die sak jaag, maar die toenemende watertekorte en hoë elektrisiteitskoste sorg dat die vraag daarna nou toeneem.

“Al hoe meer mense wil nou omgewingsvriendelik leef en meer en meer huiskopers is bereid om ekstra te betaal vir die gerief en gemoedsrus wat dit bied as hierdie stelsels en toestelle reeds geïnstalleer is.”

Ander ekovriendelike toevoegings wat huiseienaars kan oorweeg, is: gastoebehore, goeie dekking vir swembaddens en dubbelglasvensters.

Klein dinge maak saak

Swain meen dit is nie nodig om honderdduisende rande op te dok vir bykomende kamers en ander toevoegings nie omdat huiseienaars slegs na die klein goedjies hoef om te sien ten einde ’n beter verkoopsprys te kry.

“Maak seker dat jou tuin mooi in stand gehou is, die motorhuis netjies is, pleister weer rondom teëls in areas wat baie gebruik word, en maak seker ál die vensterknippe werk. Gee aandag aan die goed wat aan voornemende kopers sal wys die eienaar gee om oor die eiendom – wat waarskynlik sal beteken dat die goed wat moeilik is om te sien, soos die pype en bedrading, ook goed in stand gehou is.”

Opknappings moet by res van huis pas

Dit maak nie saak of jy ’n nuwe stoep bou of ’n ekstra slaapkamer byvoeg nie – dit is belangrik om te verseker dat die nuwe toevoeging by die boustyl van die res van die huis pas, sê Swain.

Dit klink dalk soos ’n uitstekende idee om ’n nuwe slaapkamer aan te bou, maar as dit soos ’n seer vinger uitstaan, gaan dit waarskynlik die algehele estetika van die huis verlaag en die indruk skep dat die werk nie goed gedoen is nie.

Meer oor:  Huis Verkoop  |  Huisverbeterings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.