Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Gemgrow op groeipad

Die genoteerde eiendomsgroep Gemgrow het ’n effektiewe ekonomiese belang van 95% in Moolgem vir R628 miljoen gekoop.

Moolgem behels ’n groot portefeulje van hoofsaaklik kleinhandeleiendomme in die Limpopo-gebied.

Dié transaksie is onderhewig aan sekere voorwaardes, maar kan na verwagting op 1 November van krag raak.

Verder het Gemgrow nog ’n portefeulje met tien eiendomme teen R99,9 miljoen verkry.

Die twee transaksies saam verhoog Gemgrow se belegging in eiendom met R728 miljoen.

Altesame 85% van die Moolgem-portefeulje is kleinhandeleiendomme, onder meer Jane Furse Crossing en die Game-sentrum in Thohoyandou. Die res van die bates is nywerheids- en kantooreiendomme.

“Die kleinhandelverkrygings ter waarde van R550 miljoen wat die afgelope jaar beklink is en bogenoemde transaksies, weerspieël Gemgrow se vermoë om noemenswaardige transaksies te beklink in ooreenstemming met ons oogmerk om die fonds uit te brei deur transaksies wat positief is vir die inkomste-opbrengste te doen,” sê Junaid Limalia, finansiële hoof.

Die twee transaksies gaan gefinansier word deur die uitreiking van Gemgrow A-aandele aan die verkopers van die onderskeie portefeuljes ter waarde van R150 miljoen en die res in kontant.

Meer oor:  Kleinhandeleiendom  |  Eiendomsgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.