Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Gesogte pakhuisruimte kom onder die hamer

’n Sentraal-geleë pakhuis met kantoorruimte in die hart van Johannesburg se sentrale sakegebied word op 28 Februarie deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil.

Dié eiendom in Roperstraat, New Centre, gaan na verwagting groot belangstelling by beleggers en eienaars van ondernemings lok, veral diegene op die uitkyk vir ruimte met uitbreidingspotensiaal.

Dié enkelverdieping-pakhuisgebou met kantore in New Centre, Johannesburg, word op 28 Februarie opgeveil.

New Centre is sentraal tot Park Central, Village Main en Prolecon, net suid van Marshalltown.

Die eiendom behels ’n enkelverdieping-pakhuisgebou van 800 m² met roldeure, ’n stoorkamer, drie kantore, ’n kombuis en kleedkamers.

PVA se Jaco du Toit verwag dat die eiendom in ’n japtrap opgeraap gaan word.

“Dit is ideaal geleë en minder as 1 km van die Francois Oberholzer M2-hoofweg.”

Hy reken die eiendom is geskik vir kleinhandelbergingsruimte en verspreiding. “Eiendomsbeleggers weet alte goed dat pakhuis- en bergingsruimte ’n relatief hoë opbrengs op belegging lewer.”

Die bykomende kantoorruimte en ander geriewe maak van die eiendom ’n uitstekende koop-om-te-verhuur-geleentheid, sê hy.

Die eiendom word op 28 Fe­bruarie 11:00 op die perseel opgeveil. Dit kan ’n uur voordat die veiling begin, besigtig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.