Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Goeie belegging vir aftreeplanne

’n Baie spesiale huis, ontwerp deur een van Suid-Afrika se mees gerekende argitekte, Gawie Fagan, is op die oomblik in die mark in McGregor in die Wes-Kaap vir mense wat dalk ’n tweede eiendom naby die kus soek.

Die huis is in die mark vir R3,5 miljoen en word deur Pam Golding-eiendomme bemark.

Dié huis, ontwerp deur Gawie Fagan, is hoog bo die dorp geleë met pragtige uitsigte. Op die inlas is die uitsig oor McGregor vanaf die huis.

Daar is vier slaapkamers met ’n pragtige uitsig uit al die kamers omdat die huis hoog bo die dorp geleë is.

Die erf is baie groot (2 000 m²), maar onderhoud is maklik omdat die huis so ontwerp is dat die tuin saamsmelt met die natuurlike fynbos van die omgewing. Die tuin is ’n natuurlike verlenging van die natuur.

“Baie huiseienaars op McGregor belê juis hier om in die dorp af te tree. Mense besoek die dorp gereeld oor naweke en in vakansietye, en dit het dus sin om hier eiendom te koop as belegging,” sê Christiaan Steytler van Pam Golding.

Die woonkamer, met topgehalte houtwerk en die oop plafon.

Die huis het topgehalte-houtwerk binne, asook ’n groot ruimte bo met dakvensters.

Die boonste ruimte kan maklik in nog ’n slaapkamer ontwikkel word.

Marie Colyn van Pam Golding sê die gemiddelde huisprys op McGregor is R2 miljoen – en hoewel die mark die afgelope jaar redelik staties was, soos ook elders in die land, is daar steeds groot belangstelling in die dorp van veral ouer kopers wat langtermyn-aftreeplanne het.

Die dorp maak egter ook voorsiening vir gesinne.

Daar is ’n Waldorf-skool, asook ander skole in Robertson, naby McGregor.

Volgens die agente word plattelandse dorpe ál gewilder as aftreeplekke en ook onder professionele mense wat uit die huis uit werk of kantore op die dorp wil vestig.

Verlede jaar is 21 huise en 15 erwe in McGregor verkoop. Die duurste huis se prys was R5 miljoen, en dis op ’n erf van 4 000 m².

  • Belangstellendes kan Christiaan Steytler by 082 658 0071 of Marie Colyn by 083 712 8431 kontak.
Meer oor:  Mcgregor  |  Eiendomme  |  Aftrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.