Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Governator Arnie se Unimog op eBay te koop

As jy ’n paar rand in die Lotto gewen het, kan jy die eienaar van Arnold Schwarzenegger se 1977-model-Mercedes-Benz Unimog word.

Die akteur en voormalige goewerneur van Kalifornië wil op eBay $350 980 (byna R5,8 miljoen) vir die veeldoelige voertuig hê.

Unimog staan vir Universal-Motor-Gerät (Gerät is Duits vir werktuig of toestel) en dié voertuie word sedert 1946 vervaardig, volgens Wikipedia.

Daimler vervaardig dit sedert 1951 en nuwe modelle word deesdae in die Mercedes-vragmotorfabriek in Wörth am Rhein in Duitsland vervaardig.

Die U1300-model het twee deure en is 2,875 m hoog – aansienlik hoër as Arnie, wat 1,87 m lank is. Dit weeg 4,4 ton sonder passasiers of bagasie, volgens Unimogcentre.com.

Die voertuig is egter spesiaal vir Arnie aangepas, met ’n sterker enjin, outomatiese bandpompstelsel en talle ander goed wat petrolkoppe sal interesseer en waaroor Carscoops.com berig.

Die instrumentpaneel is deur die Governator sélf geteken.

Carscoops.com berig dat die voertuig reeds in September 2014 te koop was, eers op ’n Duitse webwerf.

Volgens eBay is die voertuig nog tot Donderdag te koop.

Die koper moet dit self in Stafford, Texas, gaan haal.

Meer oor:  Mercedes-Benz  |  Daimler  |  Arnold Schwarzenegger  |  Unimog  |  Motorveilings  |  Motors  |  Ebay
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.