Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Groen lig vir Kaapse ontwikkeling
’n Kunstenaarsvoorstellings van die nuwe ontwikkeling vir gemengde gebruik, wat teen R1 miljard in die hartjie van die Kaapse middestad opgerig gaan word.

’n Nuwe ontwikkeling vir gemengde gebruik van R1 miljard in die Kaapse middestad het ná ’n omvattende openbare deelnameproses die groen lig van die Kaapstadse stadsraad gekry.

Dié ontwikkeling in ’n prima ligging in Buitengracht tussen Riebeeckplein en die Bo-Kaap gaan 250 wooneenhede hê om die akute verblyftekort in die Kaapse middestad te help verlig. Daar gaan ook 4 000 m² se kleinhandelruimte wees.

“Die perseel wat tans ’n betongebou huisves wat as motorhandelaarskap gebruik word, gaan ’n totale gedaantewisseling ondergaan,” sê José Rodrigues, ’n direkteur van Vantage Property, die ontwikkelaar.

Uit ’n onlangse verslag van die Sentrale Stadsverbeteringsdistrik-inisiatief (CCID) het dit geblyk dat Kaapstad teen 2032 ’n bykomende 500 000 nuwe residensiële eenhede in die middestad gaan nodig hê. In 2016 het die getal residensiële eenhede tot ’n raps meer as 2 000 toegeneem van 750 in 2000.

Die intreevlakprys vir ’n studio-eenheid van net minder as 40 m² gaan op sowat R1,6 miljoen begin.

“Ons maak hoofsaaklik voorsiening vir die eienaar-okkupeerder, maar daar is ook belangstelling van beleggers, wat die eenhede wil koop om te verhuur,” sê hy.

Hy sê daar is nie iets soortgelyks teen daardie prys in die mark beskikbaar nie.

’n Kunstenaarsvoorstellings van die nuwe ontwikkeling van bo af gaan lyk.

Sover dit die kleinhandelruimte betref, voorsien hy dat daar ’n voedsel-anker sal wees en verskeie geriefswinkels om in die behoeftes van die omliggende gemeenskap te voorsien.

Die ontwikkeling gaan tussen 300 en 500 regstreekse en nieregstreekse werksgeleenthede in die konstruksiefase skep.

Dit teiken ook ’n vyfster-groengradering van die Suid-Afrikaanse Raad vir Groenbou (GBCSA) deurdat moderne energiedoeltreffende tegnologie in die ontwikkeling geïnkorporeer word.

Rodrigues sê die ontwikkeling is in ooreenstemming met die kerndoelwitte van die Kaapstadse stadsraad se nuwe wetgewing vir ruimtelike beplanning.

“Die ontwikkeling gaan die ou buffersone van die motor- en vervaardigingsbedryf in Buitengrachtstraat verwyder en dit met ’n ten volle geïntegreerde ontwikkeling vir gemengde gebruik, vervang.”

Die stadsraad se visie is geskoei op verdigting en ’n toename in residensiële ontwikkelings in die sentrale stad, spesifiek op strategiese persele.

Hy sê Kaapstad is gesog as ’n plek om in te woon, te werk en te ontspan en dié ontwikkeling voldoen aan al daardie vereistes.

Die ontwikkeling gaan in April vanjaar amptelik bekend gestel word, waarna bouwerk in Julie gaan begin en na verwagting aan die einde van 2019 voltooi gaan word.

Meer oor:  Kaapstad  |  Kaapse Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.