Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Groot erf in leefstyllandgoed opgeveil
Die Clara Anna Fontein-leefstyllandgoed in Durbanville naby Kaapstad, waar ’n erf van net minder as 1 250 m² opgeveil gaan word.

’n Groot erf van ’n raps minder as 1 250 m² in die Clara Anna Fontein-leefstyllandgoed in Durbanville naby Kaapstad word op 13 November deur Rawson Auctions Western Cape op ’n veiling verkoop.

Die erf is in ’n doodloopstraat binne die twee fase van die ontwikkeling, waar die erwe groter is.

Clara Anna Fontein is ’n luukse landgoed wat aan ’n beskermende wildreservaat grens. Die landgoed spog met heelwat geriewe, onder meer ’n sportsentrum, ’n gimnasium, ’n verhitte swembad waarin lengtes geswem kan word en twee tennisbane. Dan is daar ook die nuut-gerestoureerde 18de eeuse herehuis, wat nou die klubhuis is. ’n Bonus is die Reddam House- private skool, wat op die grens van die landgoed geleë is.

Die reserweprys van die erf is R2,5 miljoen, maar alle aanbiedings sal in oënskou geneem word.

Die veiling word op 13 November by die Rawson Property Group se hoofkantoor in Rondebosch gehou. Vir inligting of om ’n besigtigingsafspraak te maak, bel Tony Bredenkamp by 083 602 6113.

Meer oor:  Clara Anna Fontein  |  Veiling  |  Groot Erf  |  Leefstyllandgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.