Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Groot wildveiling by nuwe bestemming gehou
Wildveilings lok groot belangstelling uit. Foto slegs ter illustrasie.

Van’s Wildlife se City Slick­ers-katalogusveiling gaan vanjaar op 9 September by ’n splinternuwe plek gehou word.

Weens die toenemende gewildheid van dié eksotiese wildveiling en ’n vraag na meer ruimte, het die afslaers besluit dat Weiveld in Lynnwoodweg in die ooste van Pretoria, die perfekte ligging is om wild van top gehalte van uitgesoekte telers onder die hamer te bring.

Weiveld, die Jakarandastad se nuutste en grootste sokkiedans-venue, se geriewe is onberispelik vir tamaai geleenthede en daar is voldoende parkering.

Benewens die feit dat dit ideaal is vir vertonings van kontemporêre kunstenaars, is dit ook ’n uitstekende veilingsperseel, wat gerieflik aan die buitewyke van die ooste van Pretoria geleë is, by die Bronberg-landgoed op die hoek van Graham- en Boschkopweg, Zwavelpoort.

Vir meer inligting oor die wild wat opgeveil gaan word, kan Van’s Wildlife se webwerf besoek word of sy Facebook-blad. Dié wat ’n gasverkoper op die veiling wil wees, bel vir Nico­lene Pretorius by 082 551 3639.

Meer oor:  Pretoria  |  Wild  |  Bokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.