Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Gryp dié kans aan

Kranige versamelaars moet nie Bernardi Auctioneers se veiling op 6 April in Pretoria misloop nie.

Dié veiling is propvol versamelaarskatte, wat munte, medaljes, besonderse boeke, meubels, silwer en Suid-Afrikaanse kuns insluit.

Marjorie Wallace (1925-2005) se Interior Scene with Flowers and Fruit on a Dining Table.

Die eerste sessie, wat om 10:00 begin, sluit in 150 lotte met hoofsaaklik Suid-Afrikaanse munte in goud en silwer, asook medaljes, waarvan die grootste deel van die 100 lotte afkomstig is uit die private versameling van wyle Pik Botha.

Michael Bernardi, afslaer van die veilingshuis, sê die versameling sluit verskeie besonderse munte en medaljes in. “ ’n Uiters skaars artikel is ’n lewenspas vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë van nege karaat goud, wat gratis toegang op enige trein gebied het.” Ander medaljes wat die belangstelling gaan prikkel, sluit in ’n Orde van Goeie Hoop-medalje, ’n medalje van die stadsraad van Krugersdorp, wat aan Pik Botha ereburgerstatus verleen het, en ’n nasionale eenheidsmedalje van 1994. ’n Wye verskeidenheid silwer, kristalware en periodemeubels word aangebied, asook ’n Amerikaanse Hammond- draagbare tikmasjien.

Om 13:00 begin die Suid-Afrikaanse kunssessie, wat insluit ’n versameling van Ou Meesterskilderye en moderne en kontemporêre werke deur onder andere Walter Battiss, George Boys, Alice Goldin, Hennie Griesel, Wessel Marais, Pieter van der Westhuizen en Peter Sibanda. Een van die hoogtepunte is Marjorie Wallace (1925-2005) se Interior Scene with Flowers and Fruit on a Dining Table. Dié olieverf-op-doek-werk het ’n voorveilingsberaming van tussen R50 000 en R80 000.

Besigtiging is van Woensdag 3 April tot Saterdag net voor die veiling begin. Vir meer inligting of om die katalogus te besigtig, besoek bernardiauctioneers.co.za of bel Michael Bernardi by 012 430 6914.

Die nasionale eenheidsmedalje van 1994 uit die versameling van wyle Pik Botha kan op 6 April by Bernardi Auctioneers se veiling gekoop word.
Die medalje van die stadsraad van Krugersdorp, wat aan Pik Botha ereburgerstatus verleen het.
Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.